Tuesday 12 March 2013

“God gives us the ingredients for our daily bread, but He expects us to do the baking…” ~ Unknown


 Haloes! J

 

“God gives us the ingredients for our daily bread, but He expects us to do the baking…” ~ Unknown

 

Romans 12:12

 

“Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer…”

 

Isaiah 40:28-31

 

“Have you not known? Have you not heard? The LORD is the everlasting God, the Creator of the ends of the earth. He does not faint or grow weary; his understanding is unsearchable. He gives power to the faint, and to him who has no might he increases strength. Even youths shall faint and be weary,and young men shall fall exhausted; but they who wait for the LORD shall renew their strength; they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary; they shall walk and not faint…”

 

“If you do not go after what you want, you will never have it… If you do not ask, the answer will always be NO… If you do not STEP forward, you’ll always be in the same place…” ~ Unkown

 

“Never give up on what you really want to do… The person with big dreams is more powerful than one with all the facts…” ~ Albert Einstein

 

Ek weet nie wie van julle hou van bak en brou nie?  Ek hou baie van onthaal, veral as ek lekker tyd het daarvoor, en jy mense in die proses kan bederf en bless!  Maar ek sal nooit vergeet – my eerste poging tot skons nie!  Ek was nog op skool, en het een Sondagmiddag, terwyl die hele huis ’n uiltjie geknip het, besluit dat ek (vir die eerste keer in my lewe?!) gaan skons maak, en die hele gesin bederf…  Ekt die resep gevat, en stap vir stap daar deurgewerk…  Probleem kom toe in – ekt nie behoorlik die resep gelees nie, en het omtrent ’n pannekoek mengesel aangemaak, eerder as deeg vir skons!  My pa het in die kombuis ingekom, en toe hy die waterige mengsel sien – het hy ingegryp…  “Gooi net nog meel by…”  En dit het soos ’n BOM gewerk!  Die lekkerste skons het daar uitgekom – alhoewel dit gelyk het asof ek op ’n totale ramp afstuur…

 

God hou daagliks oor jou en my die wag…  Soos my pa net op die regte tyd in die kombuis ingekom het, so is God elke oomblik van die dag by jou, en sal Hy ingryp indien jou bak en brouwerk op ’n ramp afstuur!  Hy gee egter aan jou die bestandele, daagliks, om ’n sukses te maak van dit wat jy aanpak…  Hy stuur geleenthede oor jou pad, waar Hy jou die keuse gee om te besluit of jy dit sal najaag!  Wat is die ergste wat kan gebeur as jy jou droom najaag?  Jy kan dit dalk nie verwesenlik nie?  MAAR, ten minste gaan jy dan WEET jy het jou ALLES gegee om te probeer!!  Jy sal nie sit met “spyt wees oomblikke” van kanse wat jy gemis het omdat jy te bang was nie…  God sal jou nie voor ’n uitdaging stel, as Hy nie dink jy het dit in jou om dit te verwesenlik nie!  Hierdie anonieme aanhaling is vir my AWESOME!  Ons moet somtyds net weer daaraan herinner word – as jy nie gaan GO vir wat jy wil hê nie, sal jy dit nooit hê nie…  As jy ’n vraag vra kan daar 2 moontlike antwoorde wees – JA of NEE…  As dit nee is, dan weet jy ten minste, en sal jy jouself nie mal maak met WAT AS nie!  En as jy nie die eerste tree gee om jou drome na te jaag nie, sal jy nie vorentoe kan beweeg nie…  God droom GROOT goed vir jou, oor jou en saam met jou!  Deel met Hom daardie dinge wat so op jou hart druk…  En moenie wag vir môre nie – elke dag het sy eie geleenthede!  Pak VANDAG aan wat God op jou hart druk om te doen!  Hy sal jou van die krag, energie en hulpbronne voorsien!  En as daar dalk ‘n “floppie” insneak – soos met my skons eskapades, sal Hy ’n manier vind om dit te laat werk!  God is magtig om die onmoontlike, moontlik te maak!  Glo dit!!  Dis ook vir jou!

 

Blessings!

 

Anelli**

No comments: