Monday 11 March 2013

When we can’t piece together the puzzle of our own lives, remember the best view of a puzzle is from above. Let Him help put you together. – Amethyst Snow-Rivers


Haloes! J

 

When we can’t piece together the puzzle of our own lives, remember the best view of a puzzle is from above. Let Him help put you together. – Amethyst Snow-Rivers

 

Daniel 6:16-21

“So the king gave the order, and they brought Daniel and threw him into the lions’ den. The king said to Daniel, “May your God, whom you serve continually, rescue you!” A stone was brought and placed over the mouth of the den, and the king sealed it with his own signet ring and with the rings of his nobles, so that Daniel’s situation might not be changed. Then the king returned to his palace and spent the night without eating and without any entertainment being brought to him. And he could not sleep. At the first light of dawn, the king got up and hurried to the lions’ den. When he came near the den, he called to Daniel in an anguished voice, “Daniel, servant of the living God, has your God, whom you serve continually, been able to rescue you from the lions?” Daniel answered, “May the king live forever! My God sent his angel, and he shut the mouths of the lions. They have not hurt me, because I was found innocent in his sight. Nor have I ever done any wrong before you, Your Majesty.”

Matthew 11:28

 

“Come to Me, all who labour and are heavy laden, and I will give you rest…”

 

“We must be willing to let go of the life we have planned, so as to have the life that is waiting for us…” ~ Joseph Campbell

 

“God opens millions of flowers without forcing the buds… reminding us not to force anything, for things happen perfectly in time…” ~ Unknown

 

Legkaart bou is iets wat ek assosieer met reëndae by die see…  Ons het so ‘n legkaart gehad van die Eiffel Toring…  Die onderkant van die legkaart was opgemaak deur mense wat loop en plante, met die Eiffel Toring in die middel, en rondom die Eiffel blou lug met wolke stukkies…  Die moeilikste deel was die groot stuk met blou lug en wit wolkies om in plek te sit…  Alles lyk dieselfde J  En as jy te lank daarna kyk, raak jy so vasgevang in die detail, dat dit amper onmoontlik is om die stukkies in plek te kry…  Die reëndae was gewoonlik nie lank genoeg om die legkaart aanmekaar te sit nie…  Hierdie aanhaling van Amethyst Snow-Rivers het my aan die legkaart laat dink J  Soos ek nie daardie legkaart aanmekaar kon sit nie, so kan ons nie alles in ons lewens beheer en in plek laat val nie…  Die beste view van jou lewe, is van bo –af – waar God na jou afkyk, en Sy hand van bewaring oor jou hou…

 

Tog, voel dit vir my dat ons baie keer soveel vooropgestelde idees het van hoe ons lewe behoort te loop, dat ons dan wil bid dat God die goed rondom ons vaste planne sal laat gebeur…   Dinge werk dan ook baie selde uit soos ons dit beplan of wil hê as dit nie in lyn met God se planne vir jou lewe is nie…  Partykeer is daar goed wat ons so graag wil hê, dat ons dinge wil forseer sodat dit tog net sal uitwerk soos ONS wil…  Hierdie beeld van God wat blomme laat oopmaak sonder om hulle te forseer, het vir my die spyker op die kop geslaan!  Blomme maak nie oop wanneer dit donker is nie – en ons sien dikwels nie die groter plan wanneer dinge verkeerd loop, of donker is nie…  Tog – vir die mooiste blomme om te blom, moet daar gewag word totdat die son skyn, en dit “blom tyd” is…  Miskien is jy tans in ’n donker tyd – maar jy wil sooo graag resultate sien…  Miskien is daar dinge wat jy bitter graag wil hê, maar om een of ander rede wil dit net nie in plek val nie…  Rus in die wete – God wat die Skepper van die heelal is, wat sorg dat dit elke dag lig word op ’n sekere tyd, en sorg vir donker op ’n ander tyd, WEET wat Hy vir jou lewe beplan…  Hy sal jou laat “blom dra” op die regte tyd…  Sonder dat iets hoef geforseer te word vir dinge om in plek te val…  Wanneer iets in God se wil is, sal die dinge net gebeur…  En wanneer dit onbeantwoorde gebede is – het God gewoonlik iets beters vir jou in store!  Ek weet dat daar baie onbeantwoorde gebede in my lewe was, wat eintlik ’n Seën was!  God sal sorg…  Hy het die beste uitkyk oor jou lewe – en Hy sien dinge in perspektief…  Sit jou hand in Syne, en gee aan Hom die leisels oor…  Jy sal blomme van seën in jou lewe dra, wanneer die tyd daarvoor reg is…  As jy dalk deur ’n moeilike tyd gaan – byt vas – God is besig om die grond van jou lewe te bewerk, deur dit kos te gee, en miskien die nodige reën wat jy nodig het om te sorg dat die seën SOVEEL groter sal wees wanneer die sonskyn kom!

 

Numeri 6:24-26 is vir jou wat sukkel!  “Die Here sal jou seën en jou beskerm…  Die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees…  Die Here sal jou gebede verhoor, en aan jou Sy vrede gee…”

 

Blessings!

 

Anelli**

 

 

No comments: