Tuesday 5 March 2013

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche


haloes! :)
 “He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche
Genesis 45:5-8; 50:18-20
And now, do not be distressed and do not be angry with yourselves for selling me here, because it was to save lives that God sent me ahead of you.  For two years now there has been famine in the land, and for the next five years there will be no plowing and reaping.  But God sent me ahead of you to preserve for you a remnant on earth and to save your lives by a great deliverance.  “So then, it was not you who sent me here, but God. He made me father to Pharaoh, lord of his entire household and ruler of all Egypt.  His brothers then came and threw themselves down before him. “We are your slaves,” they said.  But Joseph said to them, “Don’t be afraid. Am I in the place of God?  You intended to harm me, but God intended it for good to accomplish what is now being done, the saving of many lives…”
“It doesn't matter what you did or where you were...it matters where you are and what you're doing. Get out there! Sing the song in your heart and NEVER let anyone shut you up!!” ― Steve Maraboli, Life, the Truth, and Being Free
"God sal nooit toelaat dat jy enige moeilikheid ondervind as Hy nie 'n spesifieke doel daarmee het en jy groot seën uit die beproewing ontvang nie..." ~ Peter Marshall
Dis nie altyd maklik om 'n groter doel te sien in dinge wat gebeur in mens se lewens nie... Ek is seker daarvan dat meeste van julle al baie ervaar het dat slegte dinge met goeie mense gebeur... Vir Josef was dit geen uitsondering nie... Hy is deur sy broers in 'n put gegooi en verkoop, omdat hulle jaloers was oor hul pa se liefde vir hom... As 'n jong man, dink ek nie het Josef dadelik gedink daaraan dat hier 'n groter plan is met hierdie nie...  Ek dink hy moes totaal en al verwerp gevoel het, moontlik kwaad en verseker bitter eensaam! Ek dink as dit een van ons moes wees, sou ons teleurgesteld en kwaad gewees het vir ons familie-lede, en defnitief alleen en uitgeworpe gevoel het...
Josef kon egter totaal en al moed opgegee het die dag wat hy verkoop is, en maar die lewe sy gang laat gaan het...  Hy kon daardie dag besluit het – “what is the use??” of “daar is in elkgeval geen punt nie!  Ek is op my eie, verkoop as ’n SLAAF, die lewe kan verseker nie erger raak nie…   Maar - hy het op God bly vertrou... En Hy het gewag totdat God Sy beloftes vervul het in Sy lewe... Hy het sy broers vergewe - alhoewel hulle hom ongelooflik seergemaak het daardie dag toe hulle hom verkoop het... God het egter die hele negatiewe situasie gebruik om vir die hele nasie tot seën te wees... As Josef nie verkoop was nie, sou die hele nasie omgekom het van hongersnood!?  Al voel jy miskien op hierdie oomblik - hier is GEEN manier dat daar 'n doel kan wees met wat op hierdie oomblik met my gebeur nie! Ek het ’n muur getref, en daar is geen manier deur die situasie nie…  Ek wil vandag vir jou sê  - daar IS.  ALLES wat God toelaat in mens se lewens, of oor jou pad bring, het VERSEKER 'n groter doel... Partykeer is dit net 'n baie lang tyd wat ons moet wag om daardie doel te kan sien... Josef kan vir ons vandag nog 'n voorbeeld wees in alles wat ons aanpak... Wanneer jy weer moedeloos word oor dinge wat verkeerd gaan, of net nie die punt kan sien in alles wat met jou gebeur nie - rig net jou oë na bo en bid dat God aan jou die geduld sal gee om te wag by Sy beloftes... En te GLO dat daardie groter doel wat God vir jou lewe het, uiteindelik tot GROOT seën in jou lewe sal lei... Vertrou God, en wag op Hom...  Hy het nog nooit teleurgestel nie J
blessings!
Anelli** 

No comments: