Tuesday 12 February 2013

You may be in the fight of your life....don't fight it alone. God will send you help from the sanctuary… ~ Unknown quotes


Haloes! :)
 
You may be in the fight of your life....don't fight it alone. God will send you help from the sanctuary…  ~ Unknown quotes

Jesaja 41:10,13

“Moenie bang wees nie, Ek is by jou...  Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God...  Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red ek jou...  Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou...”

Josua 1:9

“Wees sterk, wees vasberade...  Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek die Here jou God, is by jou, oral waar jy gaan...”
 
cid:_2_07880D28078807D80028DF3942257832
Ons lewe in tye van groot onsekerheid...  Met die resessie wat nog baie duidelik gevoel kan word, in Europa en selfs in Suid-Afrika, maak dit dat dinge baie onseker is...  Hoeveel maatskappye is en gaan tans deur erge herstrukturerings?  Hoeveel mense vrees daagliks oor die veiligheid van hulle werke?  Pryse styg elke maand, maar salarisse bly dieselfde...  Daar kom ook ander dinge, genaamd “die lewe” oor ‘n mens se pad, wat dan somtyds lei daartoe dat onbegrote uitgawes aangegaan moet word – bv, onbeplande hospitalisasie, onbeplande siekte.  Al hierdie dinge kan tot gevolg hê dat ‘n mens nogals kan voel soos die “gediggie” hierbo sê...  Mens kan begin “worry” oor hoe jy deur die maand gaan kom?  Hoe gaan jy elke rekening betaal waarmee jy gekonfronteer word?  Hoe gaan jy dieselfde goed kan doen / of lewensstyl handhaaf /  deelneem aan dieselfde aktiwiteite as al jou vriende, as dit net nie vir jou moontlik is nie?    Of miskien is jy in ‘n verhouding op die oomblik, waar jy net nie kan sien waarheen dit oppad is nie?  Daar is geen sekerheid in die verhouding nie, en jy voel partykeer of jy meer gee as ontvang...  Vrae wat deur jou kop kan gaan, kan wees of daar ‘n sekere paadjie of toekoms vir jou / julle saam voorlê?  Is julle dan ooit bestem om saam te wees?

Miskien is jy gekonfronteer met siekte...  Wat party dae vir jou voel of dit ‘n straf is wat jou opgelê is...  Of jy nie altyd lekker weet watter kant toe nie, want as jy aan die toekoms dink, sien jy net donkerte...  In al hierdie scenario’s is daar een gemene deler – God...  Hy bly ALTYD dieselfde, en soos die gediggie sê – Hy sal altyd voorsien...  Ek glo dat wanneer jy jou lewe in God se hand plaas, en al jou vertroue in Hom sit, SAL Hy voorsien, in MEERVOUDIGHEID, in elke behoefte wat jy het...  Hy sal voorsien as jy jou werk moet verloor,  Hy sal sorg dat daar uitkoms kom...  Hy sal ook voorsien in daardie onsekere verhouding – Hy sal jou die wysheid gee om te weet wat jy moet doen...  Moenie bang wees dat as jou verhouding eindig, dat daar niemand anders vir jou sal wees nie – God weet reeds wie Hy vir jou uitgesit het, en Hy SAL sorg dat jy ontvang wat jou toekom, as jy Hom vra, en ook glo dat Hy sal voorsien...  As jy ‘n pad van siekte en behandelings, of operasies moet stap – sal God ook ELKE tree van die pad, saam met jou stap, en by jou wees...  Hy sal jou nie groter berge van probleme gee, as wat jy sal kan hanteer nie... So “Mind the GAP” – en onthou waarvoor dit staan - God ALWAYS PROVIDES...

Blessings!                                                                                                                                                                                                                                                           
 Anelli**


No comments: