Haloes! :)
An arrow can only be shot by pulling it backwards... So when life is pulling u back with difficulties, it means that it is going to launch u into something great... So just focus and keep aiming... ~ Unknown
Zephanaih 3:17
“The Lord your God is with you… He is a Hero who saves you… He happily rejoices over you, renews you with His love and celebrates over you with shouts of joy…”
Habakkuk 3:19
“The LORD God is my strength, and he will make my feet like hinds' feet, and he will make me to walk upon mine high places…”
Ek het hierdie volgende pragtige boodskap verlede week ontvang... Was net te awesome om nie te deel nie...
A father wanted to read a magazine but was being bothered by his little girl. She wanted to know what South Africa looked like. Finally, he tore a sheet out of his new magazine on which was printed the map of the country. Tearing it into small pieces, he gave it to her and said, 'Go into the other room and see if you can put this together. This will show you our whole country today.
Ons lewe in moeilike tye… In ‘n stukkende wêreld… As jy bewyse daarvan wil hê, maak net die koerant oop… Ek lees op facebook waar ‘n vriendin opgesit het hoe ontsteld sy was van ‘n 2 jarige dogtertjie wat verkrag is deur haar stiefpa, of waar die een pa ‘n 2 jarige seuntjie gif gegee het om te drink, en toe sy ma oppad hospitaal toe gejaag het met hom, het hy beswyk… Dinge soos hierdie breek absoluut my hart… Ek kan my nie eens begin indink oor hoe, of wat in daardie persoon se kop moes aangegaan het nie… En dit is waar mense begin vrae vra – oor HOEKOM God dinge soos hierdie toelaat… Ek glo dat Jesus, ELKE persoon op hierdie aardbol vryheid van KEUSE gee… En ek glo dat NIKS sonder rede gebeur nie… Al maak mense verkeerde keuses, GLO ek dat God daardie verkeerde keuses sal gebruik tot ‘n groter doel… Ons sal dit egter nie kan insien nou nie… Ons kyk met ander oë as ons Hemelse Vader… Ons wil seermaak, soos ons seergekry het… Dis egter nie vir ons om te oordeel nie… Want deur te oordeel, maak ons, onsself NETSO skuldig soos die skuldige! Wat ons egter kan doen is om te BID! Om daardie persoon, en onskuldige kinders byvoorbeeld, aan God op te dra, en te bid dat Hy sal kom heelmaak waar dit stukkend is… Dat Hy sal sorg dat reg en geregtigheid geskied… Dat Hy die skuldige tot inkeer sal bring...
Hierdie storietjie hierbo is ook waar van jou en my lewe… Voel dinge dalk deurmekaar? Stukkend? Moeilik? Is Jesus nog op Sy waardige plek in jou lewe – Nommer 1? In alles wat jy aanpak, of het Hy dalk bietjie uit plek geskuif omdat dinge so deurmekaar is? Dat jy probeer om vure dood te slaan, of probleme uit te sorteer van vroeg in die oggend tot laat in die aand en dat jy dan uiteindelik net in die bed val, sonder dat jy en God enige tyd saam spandeer het? Hou op om alles op jou eie in plek te probeer hou! Hierdie aanhaling van Victor Hugo is een wat ek en jy maar ELKE dag kan lees - “Have courage for the great sorrows of life and patience for the small ones; and when you have laboriously accomplished your daily task, go to sleep in peace. God is awake.” Sit vir Jesus terug op Sy waardige plek in jou lewe! En ek belowe jou – wanneer Hy, Sy waardige plek ingeneem het, sal AL die ander dinge hulself uitsorteer!! Sit Jesus in beheer! Hy is in elk geval BAIE beter met al die moeilike en stukkende dinge in hierdie wêreld as ek en jy! Hy het jou ONEINDIG baie lief! Ek glo ook dat hierdie onderwerp aanhaling van ‘n pyl wat teruggetrek moet word, om geskiet te kan word, waar gaan wees vir jou lewe! God is besig om jou voor te berei vir GROOT, nuwe en AWESOME uitdagings wat jou kant toe kom! Wees reg daarvoor!! Saam met Jesus, is daar NIKS wat jy NIE kan doen nie!
Blessings!
Anelli**
|
No comments:
Post a Comment