Wednesday 6 February 2013

Think now or never...


Haloes! J

Think now or never...

Ephesians 3:20-21

“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”

Hebreërs 10:23

“Laat ons vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou, Hy doen wat Hy beloof het…”

“If only life was a dress rehearsal and we had time for do-overs…”  ~ Greys Anatomy…

“Chances are there for the taking…” ~ Five for fighting

Ek weet nie wie van julle soos ek is nie, maar wanneer ek iets baie spesifiek wil koop, soos bv 'n horlosie, of 'n mooi rok vir 'n dans, sal ek altyd Al my opsies oorweeg... Ek sal gaan kyk wat al die moontlike winkels in die sentrum het om te bied, en baie keer (tot my frustrasie) kies ek op die ou end die eerste opsie wat my oog gevang het... Maar ek wil altyd DUBBEL seker maak dat ek nie dalk iets koop, net om twee winkels verder dalk iets kry waarvan ek meer hou nie... Op toer het ek dit ook al 'n paar keer beleef dat iemand op ons toer iets in 'n winkel sien waarvan hulle hou, en dan nie seker is oor die aankoop nie... Wat dan baie keer gebeur is dat daar besluit word dat ons sal teruggaan na die winkel, vir die item, maar dat ons dan op die einde van die toer besef dat daar nie tyd is vir teruggaan nie...

Ons leef baie keer 'n lewe van "ek sal 'n bietjie later..." Ek wil nie nou al die moeilike besluit maak nie; of ek wil nie nou hierdie konflik op my pad hanteer nie; ek wil nie seerkry nie, so kom ek beskerm myself en waag eerder nie 'n kans nie; ek wil nie uit my comfortzone beweeg nie; ek wil nie nou al vir God kies nie, ek wil eers bietjie my lewe sonder reels geniet... Ek sal bietjie later vir die mense in my lewe laat besef of vertel dat ek hulle liefhet... Bietjie later, kan dalk te laat wees - vir al hierdie dinge... Jy lewe NOU... God het jou met 'n doel in 2013 laat leef... En Hy wil jou lewe van seen en oorvloed laat leef - nou al... Nie bietjie later nie... Think NOW or never... Not later... Moenie iets uitstel wat jy vandag al kon doen nie... Moenie wegskram van uitdagings of veranderinge omdat dit scary lyk nie... Jou God is groter!!! Now or never mens - changing the world, 1 day at a time... Baby steps... Uitdaging vir uitdaging... God is by jou en Hy belowe om jou NOOIT, maar NOOIT alleen te los om "die LEWE" en al sy uitdagings te face nie... Hy sal sorg dat dinge in plek val - solank jy sorg om Hom te ken in wat jy doen... Om te bid, en jou versoeke met danksegging aan Hom te bring... Op jou kniee, sal die onmoontlike moontlik word...

blessings!

anelli**

 

No comments: