Haloes! J
Everyone of us are the sum total of what we
experienced and this becomes our history... ~ The Vow
Romans 12:12
“Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant
in prayer…”
Jesaja 54:10
“Want die berge kan
padgee en die heuwels verdwyn… Maar my
liefde vir jou sal nooit verander nie en my verbond van vrede sal nooit gebreek
word nie, sê die Here wat jou liefhet…”
Challenges in life do
not arise haphazardly...NO MATTER how "accidental" or
"coincidental" they may seem, they only arrive, When YOU ARE READY
for them...not when you are ready to be squashed ,but when you are ready to
GROW and OVERCOME... ~ Email quote
“My dad always used to
tell me that if they challenge you to an after-school fight, tell them you
won't wait-you can kick their ass right now.” ~ Cameron Diaz quotes
Dink gou aan 'n jaar terug hierdie tyd... Is jy nog dieselfde persoon as wat jy presies
vandag 'n jaar terug was?? Ek dink daar
is baie min van ons wat hierdie met oortuiging sal kan verklaar... En dis ook
'n baie goeie ding as jy nie meer presies dieselfde mens is nie, want dit
beteken dat groei plaasgevind het en jou
geshape het, om die mens te kan word wat God jou bestem het om te wees...
Elke ondervinding wat jy deurmaak, is iets wat bydra tot
jou karakter... Baie keer, kruisig ons,
onsself oor ons foute of wanneer ons hulle maak... Ek probeer dit eerder sien
as "ondervinding" - iets waaruit ek kan leer, en waarop ek kan bou
vorentoe - 'n manier om NIE weer iets aan te pak as dit een keer nie gewerk het
nie... 'n Fout is net 'n fout as dit nie reggemaak kan word nie... God wil hê dat jou karakter, 'n karakter moet
wees sonder vrees, een wat leef in oorvloed (dalk nie altyd net materiele dinge
nie maar ook die emosionele dinge); een wat die silwer randjie gaan soek om die
donker wolk... Want kom ons wees eerlik - dinge is nie altyd net maklik en mooi
nie... Die lewe is nie net skoenlappers en reënboë nie... Daar is baie
hartseer; eensaamheid; siekte; armoede; pyn en situasies wat vrees veroorsaak
op 'n daaglikse basis... Ons kan kies dat dit ons inperk, en dat ons 'n lewe
van negatiwiteit gaan leef, of ons kan kies om 'n positiewe mens te wees en te
leef deur God se krag wat in ons werk...
'N moeilike situasie word baie makliker hanteer en opgelos met 'n
positiewe ingesteldheid saam met God as wanneer jy dit met negatiwiteit
benader... Want wanneer ons negatief is,
vergeet ons baie keer van God... Ons fokus is die PRObLEEM en nie die OPlOSSING
nie... As jy 'n testament opstel, sal jy
'n prokureur aanstel om na jou belange om te sien - sodat wanneer jy nie daar
kan wees nie, daar iemand bevoeg is, wat in jou plek kan optree en sorg dat die dinge steeds in plek
kan laat val... Laat God toe om hierdie
week, en sommer die hele jaar in beheer van jou lewe te wees... Laat moeilike tye karakterbou oomblike
wees... Sodat jy eendag 'n legacy van geskiedenis kan agterlaat, en dat jou
lewe 'n inspirasie van sonskyn vir die mense rondom jou sal wees!!! Our God
is greater, our God is stronger, Lord you are higher than any other… Our God is
healer, awesome in power, our God, our God… ~ Hillsong
blessings!
anelli**
No comments:
Post a Comment