Tuesday 19 February 2013

You can become blind by seeing each day as a similar one. Each day is a different one, each day brings a miracle of its own. It's just a matter of paying attention to this miracle… ~ Paulo Coelho

Haloes! :)

You can become blind by seeing each day as a similar one. Each day is a different one, each day brings a miracle of its own. It's just a matter of paying attention to this miracle…  ~ Paulo Coelho

Psalm 121:7-8 

“The LORD will keep you from all harm— he will watch over your life; the LORD will watch over your coming and going both now and forevermore…”

Handelinge 7:7

“Hy het hulle geantwoord: Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in Sy eie mag bepaal nie...”

“Be brave. Take risks. Nothing can substitute experience…” ~ Paulo Coelho

“You drown not by falling into a river, but by staying submerged in it…” ~ Paulo Coelho

Ek het ‘n pragtige epos ontvang met die volgende storie...  Die boodskap van die gedagteki sal self daarin duidelik word...  Hoop dit sal vir jou so baie beteken soos wat dit vir my beteken het!

Verbeel jou gou dat jy die volgende prys in ‘n kompetisie gewen het…   Die prys werk egter soos ‘n speletjie, met ‘n sekere aantal reëls daaraan gekoppel.  Die prys is dat die bank elke oggend R86,400 in jou persoonlike bank rekening sal deponeer.  MAAR, soos met elke prys, is daar voorwaardes hieraan verbonde. 

Die eerste stel reels sal wees dat:

1.  Alles wat jy nie spandeer op daardie spesifieke dag nie, sal teruggeneem word deur die bank
2.  Jy mag nie die geld oorplaas in ‘n ander bankrekening nie
3.  Jy mag dit net spandeer

As jy instem tot die genoemde voorwaardes, dan sal jy elke oggend, soos jy jou oë oopmaak, ‘n sms bevestiging op jou selfoon hê van die dag se R86,400 wat inbetaal is

Die tweede stel reels is dat:

1.       Die bank kan die speletjie enige oomblik staak – sonder enige waarskuwing.  Hulle behou die reg om enige oomblik te kan sê: Dis verby oftewel, GAME OVER
2.       Hulle behou die reg om die bankrekening te kan toemaak, en jy sal nie ‘n nuwe ene daarna  kan ontvang nie.

Nou word jy met die vraag gelaat:  Wat sou jy doen?  Natuurlik sal jy alles koop wat jou hart begeer.  Jy sou ook die geld nie net op jouself spandeer nie, maar jy sou dit deel by wyse van geskenke of lekker etes saam met jou geliefdes en familie.  Ek dink jy sal selfs geskenke koop vir mense wat jy nie ken nie, net omdat jy kan J  Jy sal naturlik probeer om daagliks elke sent te spandeer, sodat niks geld vermors word om as slegte skuld afgeskryf te word aan die einde van die dag nie.

Hierdie “speletjie” wat hier beskryf word, is eintlik die lewe.  Elkeen van ons is in besit van ‘n “magical” bank.  Die bank verteenwoordig TYD…  Die Bankbestuurder is God, wat elke oggend as ‘n geskenk vir jou 86,400 sekondes gee – Hy gee daagliks aan ons die geskenk van lewe en wanneer ons in die aand gaan slaap, word die tyd wat ons nie gebruik het nie, nie oorgedra na more nie.  Dit is vir altyd verby.  Die kanse wat ons nie benut het vandag nie, of geleenthede wat ons nie aangegryp het nie, is iets waaarop ons uitgemis het, want Gister is vir altyd verby.  Die bankrekening wat enige tyd gesluit kan word, is wanneer ons tyd op aarde verby is – dit kan enige oomblik gebeur – sonder waarskuwing.  Nadat jy nou hierdie gehoor het, wat gaan jy doen met jou 86,400 sekondes?  Is dit nie soveel meer werd as Rande nie?  Dink daaroor en dink ook altyd aan die volgende:  Die lewe lê oop voor jou…   Geniet elke sekonde van jou lewe – doen dinge wat vir jou lekker is!  Gryp elke geleentheid aan, en lewe so, dat die lewe ‘n beter plek is, omdat jy daarin woon en werk.  Wees iemand van invloed…  Lead by example…  Spandeer tyd op dinge wat saakmaak, want tyd gaan so vinnig verby.

Blessings!

Anelli**

No comments: