Monday 11 February 2013

“let's try to remember that sometimes it's okay to listen to your heart. I know it's risky, take that leap of faith…” ~ New Years Eve movie quote

Haloes! J

 let's try to remember that sometimes it's okay to listen to your heart. I know it's risky, take that leap of faith…”  ~ New Years Eve movie quote

Psalm 34:19 

“The righteous person may have many troubles, but the LORD delivers him from them all…”

Psalm 55:22 (The Message)

“Pile your troubles on God’s shoulders he’ll carry your load, he’ll help you out.  He’ll never let good people topple into ruin.  But you, God, will throw the others into a muddy bog, Cut the lifespan of assassins and traitors in half.  And I trust in you…”

“Always do what you are afraid to do.” ― Ralph Waldo Emerson

“May you live every day of your life.” ― Jonathan Swift

Ons Service Pastor, het Sondag vir ons die volgende vers gegee…  Matthew 6:34 – “Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Each day has enough trouble of its own…”  Ons raak so maklik vasgevang in bekommernis…  Jy kan dalk jou dag met die beste voornemens tegemoet gaan, maar sodra die dinge begin verkeerd gaan, oorval die angs en bekommernis jou weer van voor af…  Oorsake van bekommernis, is gewoonlik dinge soos:  onsekerheid, eensaamheid, hartseer, siekte, verhoudings, werkspanning, studies en omstandighede buite ons beheer…  Die een gemene faktor in al hierdie dinge, is onsekerheid…  Ons weet nie wat die dag van môre gaan bring nie…  ’n Mens kan jou planne maak, maar God se wil sal uiteindelik geskied…  En die lewe het ’n manier om partykeer dinge baie anders te laat uitwerk as wat mens hoop en beplan!  Jy kan ’n spesifieke idee in jou kop hê van hoe dinge moet uitwerk, maar God kan dalk iets heeltemal anders vir jou ingedagte hê!
 
As jy gou terugdink oor hierdie jaar sover – die dinge waaroor jy bekommerd was, het bekommernis jou gehelp om dit uit te sorteer?  Ek dink daar is seker ‘n 1% kans dat dit het!  Al wat dit gewoonlik doen is om jou te kom tap van jou krag wat jy het vir die dag…  Miskien is jy op die oomblik in onsekerheid gedompel…  Of dit is vanweë jou werk, jou verhouding, siekte wat miskien onverwags by die voordeur ingestap het, of jy in die regte studierigting is?  Dink gou aan ’n sportwedstryd / enige kompetisie…  Daar is altyd 2 moontlike uitkomste – jy kan of wen, of verloor…  50:50…  Dit gaan jou egter nie stop om deel te neem nie – want jy weet daar is ’n moontlikheid dat dit jy die oorwinning kan behaal!  Hoekom stop die moontlikheid van 50:50 situasies dan om die lewe te leef?  Ons word so totaal en al oorweldig deur onsekerheid, dat ons, onsself nie ’n kans gee nie!  Ek dink ons, is baie keer ons eie grootste vyand!  Ons laat die duiwel toe om saadjies van ongeloof in onsself, maar ook in God se vermoens te kom plant in ons lewens…  ’n Mens verloor baie keer klaar die stryd, nog voor jy begin het – net vanweë jou negatiewe ingesteldheid…  Die drome, en hoop wat jy met jou saamdra, is God-geïnspireerde drome!  Al raad wat ek het, wanneer onsekerheid jou wil lamlê – is om tyd met God in gebed deur te bring!  Hy SAL sorg…  If God brings you to it – He will get you through it…  Moenie so bang wees vir die onsekerheid van nuwe uitdagings dat jy nie eens probeer nie!!  Daar is ‘n 50:50 kans dat dit sal uitwerk, en indien dit nie uitwerk nie, sal God dit op ’n manier LAAT werk in jou lewensverhaal!!  He is able to make a wrong into a right!  Dit is vir Hom moontlik om deure oop te maak, wat niemand kan toemaak nie!  Neem daardie LEAP of FAITH, deur jou geloofskoene aan te trek, en die pad te stap waarop Hy jou wys…  Hy sal aan jou die rustigheid gee wat jy nodig het, sodat jy sal weet jy is besig om in Sy wil te wandel…  Moenie dat die duiwel jou weerhou daarvan om te LEEF nie!

Blessings!

Anelli**  

 

 

No comments: