Friday 8 February 2013

"For everything you have missed, you have gained something else... And for everything you gain, you lose something else... It is about your outlook towards life... You can either regret or rejoice..." ~ Anonymous

Haloes! :)
 
"For everything you have missed, you have gained something else... And for everything you gain, you lose something else... It is about your outlook towards life... You can either regret or rejoice..." ~ Anonymous
Fillipense 4:4
"Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: wees bly!"
1 Petrus 1:6-7
"Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings, sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word..."
Hier is iets wat jou dag sommer gaan opkikker! Het my diep aangeraak - omdat ek nog nooit so oor hierdie gedink het nie... Geniet die Forward email storie...
Iets om oor na te dink... Omdat ek 'n veearts is, is ek geroep om die tien jaar oue Ierse wolfhond Belker te ondersoek. Die hond se eienaars, Ron en Lisa en hulle seuntjie, Shane, was almal baie lief vir Belker en het op 'n wonderwerk gehoop. Ek het Belker ondersoek en gevind hy is besig om dood te gaan. Ek het die familie gesê ek kan niks meer vir hom doen nie en het genadedood voorgestel.Ron en Lisa het gesê hulle dink dit sal goed wees as die sesjarige Shane ook die ondervinding kan meemaak en dat hy dalk iets daaruit sal leer. Die volgende dag was ons bymekaar om die prosedure by hulle huis te doen. Shane was kalm en het die ou hond vir die laaste keer gevryf. Ek het gewonder of hy verstaan wat aangaan. Binne 'n paar minute het Belker sag heengegaan. Die seuntjie het gelyk of hy Belker se heengaan sonder moeite of verwarring aanvaar. Ons het almal 'n paar oomblikke bly sit en gedink hoe jammer dit is dat diere korter lewe as mense. Shane het skielik gesê 'Ek weet hoekom. 'Ons het almal na hom gekyk. Wat uit sy mond gekom het, het my verstom. Ek het nog nooit 'n meer vertroostende verduideliking gehoor nie. Hy het gesê: 'Mense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe soos om almal altyd lief te hê, nè? Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie. 'LEEF SOOS 'N HOND... ~ Forward email storie
Leef eenvoudig.
Gee liefde vryelik.
Gee werklik om.
Praat vriendelik
.
Hoe meer ek hieroor nagedink het, hoe meer het dit vir my absoluut duidelik geword... Honde LEEF voluit... As hulle hul liefde aan hul base bewys, doen hulle dit met oorgawe... Hulle sal nooit wanneer hulle jou sien aankom, NIE hul stert swaai nie... Hulle eet met oorgawe - hulle geniet elke stukkie kos / koekies of bederf wat na hul kant toe kom, asof dit die HEEL eerste keer is wat hulle daarmee geseën word... Ons raak so gewoond aan mense in ons lewe, en dat ons dink dat hulle altyd daar sal wees, dat ons hulle nie altyd herinner dat hulle saakmaak nie... As ons 'n slegte dag het, sal ons nie sommer sonder rede skielik bly lyk, wanneer ons iemand sien vir wie ons liefhet nie... Ons jaag - ons sal nie net stilsit - by ons "Baas" wat ons oneindig liefhet, (God) se voete, wanneer ons 'n slegte dag gehad het, en wanneer ons net bietjie "comfort" en liefde nodig het nie... Ons sal jaag om die dag om te kry, en tog net te gaan slaap,dat ons more weer van voor af kan begin... Ons kan baie leer by honde... Onvoorwaardelike liefde, soos die seuntjie in die storie terreg uitgewys het... Om seker te maak dat die mense in ons lewe WERKLIK weet hoeveel hulle saakmaak, deur dit te wys... Om jou "Baas" (God) te vertrou - in alles, en deur alles wat jy aanpak... Soos hierdie aanhaling ook hierbo sê - God laat dinge ALTYD uitwerk soos dit moet... Vir alles wat jy mis, sal Hy jou seën met iets anders... Ons moet net ons uitkyk verander, dat ons nie fokus op dit wat ons mis nie, maar dit wat ons in die proses ontvang het... Wees weer dankbaar, vir klein goed (soos ek gister gesê het)... Raak weer opgewonde oor goed waaraan jy dalk al "gewoond" geraak het... Goed waaroor ander net kan droom, wat jy dalk al as vanselfsprekend aanvaar... Mag jy vandag 'n "Hond" as voorbeeld onthou wanneer die lewe jou wil onderkry... En mag jou dag vol van God se groot liefde, en baie genade en seën wees!!
blessings!
 
Anelli
 
PS - 'n Vriendin van my het vanaand uitgevind dat haar pa kanker het...  Hy word more (Vrydag) geopereer en die dokters sal dan kan vasstel hoe ver die kanker versprei het... 
bid asseblief vir die operasie, vir wysheid vir die dokters en vir rustigheid vir hulle as familie...  Dat God, wat die onmoontlike, 'n moontlikheid kan maak, 'n absolute wonderwerk sal verrig!

No comments: