Tuesday 5 February 2013

U can teach a person to run, but u cannot teach him courage... Never give up, never give in... Steve Jones


Haloes! :)

U can teach a person to run, but u cannot teach him courage... Never give up, never give in... Steve Jones

Psalm 142:5-7
“I cry to you, O LORD; I say, You are my refuge, my portion in the land of the living.” Listen to my cry, for I am in desperate need; rescue me from those who pursue me, for they are too strong for me. Set me free from my prison, that I may praise your name. Then the righteous will gather about me because of your goodness to me.”
Jesaja 49:8

"So sê die Here: Op 'n tyd wat ek dit goeddink, sal Ek jou gebede verhoor...  Op die dag wanneer ek wil red, sal Ek jou help..."

"As jy God vir brood vra, en nie 'n mandjie bring waarin jy dit kan dra nie, verraai jy die twyfel wat dalk die enigste rede is, waarom jy nie kry wat jy vra nie..."  ¬ Dwight L Moody

“Life is all about timing... the unreachable becomes reachable, the unavailable become available, the unattainable... attainable. Have the patience, wait it out It's all about timing.”  ~ Stacey Charter quotes

Voor jy kan hardloop, moet jy eers kan stap... Stukkie getuienis vanoggend…  Toe ek verlede jaar my enkel gebreuk het, het ek besef hoe mens dit "for granted" vat om te kan stap... Om gebruik van altwee voete te hê... Om vir jou 'n koppie tee te kan maak en dan twee hande en voete te hê om dit te kan dra tot by 'n bank (op krukke en een been is dit bietjie van 'n probleem ;)). Dis alles dinge wat ons daagliks doen sonder om twee keer te dink! Dis 'n funskie wat jy op auto-pilot verrig ;).  Na my operasie en herstelperiode, moes ek basies van voor af leer loop...  Na 12 weke van geen gebruik van jou voet nie, is jou been behoorlik dom!  My ma moes my help en ek moes myself heeltyd in my kop aanpraat, links, regs, sit die kruk so neer, ens ens...  Dit was vir my die wonderlikste deurbraak toe ek die eerste keer weer sonder my krukke kon stap! Dit het tyd gevat, maar die feit dat ek bereid was om aan te hou probeer, al was dit aan die begin onmoontlik, het God aan my die krag gegee om vas te byt, tot ek dit kon doen...

God is ALTYD daar - in enige moontlike tipe situasie waarin jy jouself bevind!! As Hy dalk nie in daardie situasie voorsien soos jy wil hê nie, is Hy defnitief besig om op 'n ander manier te voorsien - een wat jy dalk net nie raaksien op daardie spesifieke oomblik nie...  Soos uithouvermoë; deursettingsvermoë; krag wannneer jy voel of jy aan die einde van joune is; ondersteuningsnetwerk; geliefdes wat altyd daar is; nuwe vriende wat oor jou pad kom; God se liefde wat jou hart en wese kom vul en wat jou net verseker elke tree van die pad dat jy nie alleen is nie... Ons het partykeer net bietjie perspektief nodig, wanneer ons nie die reënboog na die reën kan raaksien nie... Reën moet verseker val vir nuwe groei of ontkieming van saad om te kan plaasvind… God is daar... altyd... Hy sal sorg, beter as wat jy ooit sal kan hoop of dink, en altyd op die regte tyd... Glo dit... Spreek God se wonderwerke oor jou lewe, elke dag... Hy het jou bitter baie lief!!!

Blessings!

Anel**

No comments: