Haloes! :)
“Promise me you'll always remember: You're braver than you believe, and
stronger than you seem, and smarter than you think..."¬ Christopher
Robin to Winnie the Pooh
1 Corinthians 13:4-8
Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it
is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not
easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but
rejoices with the truth. It always protects, always trusts, always hopes,
always perseveres.
Prediker 4:9-12
"Twee vaar beter as een... Hulle inspanning kom tot
iets... As die en val, kan die ander hom ophelp... Maar as een val
wat alleen is, is daar niemand om hom op te help
nie... As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat
alleen is, warm word? Een
alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied... 'n
Drie-dubbele tou breek nie maklik nie..."
“This is my
wish for you: Comfort on difficult days, smiles when sadness intrudes, rainbows
to follow the clouds, laughter to kiss your lips, sunsets to warm your heart,
hugs when spirits sag, beauty for your eyes to see, friendships to brighten
your being, faith so that you can believe, confidence for when you doubt,
courage to know yourself, patience to
accept the truth, Love to
complete your life.” ¬ Winnie the Pooh
Gelukkige Valentynsdag! J Winnie the Pooh is my gunsteling tekenprent karakters... As hy 'n
werklike persoon was, sou ek hom graag as my vriend wou hê, want hy weerspieël
ELKE eienskap van dit wat mens graag in JOU beste vriende sou wou sien...
Die seënwens quote (kursief/italics) hierbo is regtig vir my PRAGTIG... Ek wens dit vir
elkeen van julle toe wat hierdie lees vanoggend! Mag elkeen van hierdie
woorde vir jou waar wees...
Miskien het jy die beste vriende in die wêreld... Miskien is jy in ‘n baie spesiale verhouding
of dalk nog beter – in ‘n baie geseënde huwelik! Dank God vanoggend daarvoor!! As dit nie
was vir die feit dat HY voorsien in ons behoeftes nie, sou dit nie vir jou waar
gewees het nie... Miskien is die
teenoorgestelde vir jou waar en het jy dalk al lelik seergekry met
vriendskappe, verhoudings of in die huwelik... Miskien voel jy dat jy
dalk 'n paar kennisse het, maar geen WERKLIKE vriende nie... Miskien voel jy dat jy so hard probeer, maar
dat liefde, en die regte persoon jou net bly ontwyk… Ek wil vanoggend vir
jou die GOEIE NUUS bring - Jesus wil vir jou 'n vriend wees! Hy wil ‘n Lewende Verhouding met jou hê…
Ek weet dat elke woord in hierdie quote hierbo (kursief gedruk), is seëninge wat Hy oor jou sal WIL
uitstort! 'n Vriendskap en verhouding verg tyd, wat daarin belê moet
word... Jesus wil hê dat jy met Hom moet "chat" daagliks (dit
wil sê, bid) soos jy met jou vriende of met jou geliefde sou... Hy wil
weet wat in jou lewe aangaan, en waar Hy jou kan help met moeilike
besluite... Hy is altyd
beskikbaar, jy het nie 'n afspraak nodig nie...
Ek’t nou die dag ‘n epos ontvang waar iemand gevra het, hoe hulle met my
direk in aanraking kon kom… Ek kon toe
terugskryf dat die persoon direk met my in kontak is… Dit het my laat dink aan ons Hemelse Pappa –
ons kan direk met Hom in kontak wees – dis ons keuse! Hy sal jou nooit
judge nie, en nooit agter jou rug van jou praat nie... Hy sal jou nie
seermaak, verneder of verneuk nie… Hy is die
een mens op wie jy ALTYD sal kan staatmaak, en onvoorwaardelik kan
vertrou... Hy is iemand
wat ALTYD die beste van jou sal glo en die beste vir jou wil hê... Dit
wat God vir jou in Sy woord belowe, SAL Hy nakom... 'n Versie wat my
nogals aangeraak het, is die
volgende: ACTS 27:25: "I have faith in God that it will happen just as He
told me..." Hy sal jou net ryklik seën as jy Hom in jou lewe
toelaat... Moenie 'n dag in hierdie jaar deurgaan, sonder om vir Jesus in
ag te neem, of met Hom te gesels nie... Mag jy Jesus opnuut
leerken, deur daagliks te werk aan jou vriendskap met Hom... En al is jy iemand wat Valentynsdag verpes –
wees daar vir iemand vandag… Maak dit
jou doel, as God se kind om jou lig te laat skyn, en vir iemand anders iets te
beteken vandag – deur ‘n stukkie ‘random act of kindness’ te bewys (‘n
geselsie, koppie koffie, blommetjie – spread the love of Jesus!)… “Be kinder than necessary, for everyone you
meet is fighting some kind of battle…” ~ T.H. Thompson and John Watson
blessings!
anelli**
No comments:
Post a Comment