Thursday 14 February 2013

“Die een wat dankbaar is vir die kleine, sal altyd vind dat hy genoeg het...” ~ Anoniem


Haloes! :)
 
“Die een wat dankbaar is vir die kleine, sal altyd vind dat hy genoeg het...”  ~ Anoniem

1 Tessalonisense 5:16-18

“Wees in altyd bly.  Bid gedurig.  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag...”

Verduideliking:  “Jou volgehoue blyskap, gebede en dankbaarheid teenoor God mag nooit afhang van jou omstandighede of jou emosies nie.  Jy moet aan hierdie drie oproepe gehoorsaam wees, al voel dit vir jou asof jy heeltemal genoeg rede hetom dit nie te doen nie.  Jy weet immers dat, wat ookal op die kort termyn met jou mag gebeur, God in beheer is en dat Hy jou bestem het om verlos te word.  Jy weet ook dat Hy jou nooit bo jou kragte sal versoek nie, en dat alles vir jou ten goede sal meewerk.  Daarom kan jy hierdie opdragte uitvoer...”  ~ Verduideliking uit die Bybel in Praktyk

Psalm 91:9-10

"If you say, The Lord is my refuge, and you make the Most High your dwelling, no harm will overtake you...  No disaster will come near your tent..."

“Ons vra groot dinge wanneer ons bid en vergeet om vir al die klein dingetjies – of miskien is hulle nie so klein nie – wat ons daagliks ontvang.  Maar hoe kan God groot dinge toevertrou aan hulle wat die kleine nie in dankbaarheid uit sy hand ontvang nie?”  ~ Dietrich Bonhoeffer

Ek kan eintlik nie die boodskap beter opsom as die verduideliking uit die Bybel in Praktyk nie!  WOW!!  Hoe baie keer is ons nie skuldig daaraan dat ons houding en ons dankbaarheid bepaal word deur ons omstandighede nie?  Wanneer die groot goed nie in plek val nie, kyk ons baie keer ook die klein goedjies mis...  Iemand het een keer gesê – as ons aan die woord “wonderwerke” dink, wil ons altyd “lewensveranderende” gebeurtenisse of ervarings ervaar of hoor van...  Ons vergeet so maklik dat, net die feit dat ons vandag ons oë kon oopmaak en opstaan, op sy eie reeds ‘n wonderwerk is en iets is om voor dankbaar te wees!   Dat God nog ‘n dag tot ons lewe toegevoeg het, is ‘n wonderwerk en ‘n geskenk!

Dietrich Bonhoeffer se vraag is iets wat ons, onsself kan afvra – is jy dankbaar vir die klein dingetjies – ELKE dag (en daar is elke dag klein goedjies om voor dankbaar te wees!)?  Of raak jy kwaad en ongeduldig wanneer dinge nie wil uitwerk soos JY dit wil hê nie? Plak die verduideliking uit die Bybel vir jou iewers op die week, en lees dit elke keer wanneer jou moed jou wil begewe!  Onthou dat goed WEL ten goede sal meewerk, en dat God jou nie bo jou kragte sal versoek nie!  Wees dankbaar vir sonskyn dae, en kos om te eet...  Dan sal die groot goed stil, stil gebeur, en net nog ‘n groter seën in jou lewe wees...  Sê vandag vir iemand dat jy dankbaar is, om hulle te kan ken, en dat God jou lewe werklik geseën het met hulle daarin...  Of sê vandag vir God dankie, dat Hy nog altyd getrou was, en dat jy jammer is, oor die kere wat jy nie getrou was nie, omdat jy kwaad was oordat dinge nie uitgewerk het, soos jy dit wou hê nie...  Ekt vandag 'n getuienis gehoor wat my sommer hoendervleis gegee het!  Iemand het getuig oor hoe God dinge laat uitwerk het...  Dinge wat onverstaanbaar was 'n maand gelede, het gebeur om die boublokke te wees vir die wonderwerk wat God die week gedoen het...  Dis ongelooflik hoe God dinge laat uitwerk wanneer ons Hom daarmee vertrou!

Blessings!

Anelli**

No comments: