Sunday 24 February 2013

“If you associate yourself with Eagles, you will learn to soar to great heights…” ~ Unknown


Haloes! J

“If you associate yourself with Eagles, you will learn to soar to great heights…” ~ Unknown  

Proverbs 19:21

“Many are the plans in a man’s heart, but it is the Lord’s purpose that prevails…”

Philippians 2:3

“Do nothing from selfishness or empty conceit, but with humility of mind, let each of you regard one another more important than himself…”

“Keep love in your heart. A life without it is like a sunless garden when the flowers are dead." ~ Oscar Wilde

“One of the beautiful things about words is that you can put words together which in isolation mean nothing, or mean only what the dictionary says they mean, and you put them together and you get extraordinary effects…” ~ Donald Barthelme

Voor ons begin, so ‘n klein stukkie getuienis:  Ek het Saterdagaand gesukkel om aan die slaap te raak…  Ek het toe begin bid, want ek het al baie gevind dat dit my net vul met rustigheid, wat dan help om makliker aan die slaap te raak…  Terwyl ek toe so lê en bid, gee God vir my die awesome idee vir ‘n gedagteki reeks vir die volgende week of drie…  Ek was bitter opgewonde!  Toe ek egter vandag by die Kerk instap, het ons dominee ons so omgeboul met ‘n ongelooflike preek, dat ek in my hart die boodskap gekry het dat ek eers hierdie week bietjie daarvan moet deel…  Ekt gister al gesit en verse neerskryf vir die week, en die boodskap wat die dominee gebring het, pas 100% in by die verse wat ek gister bymekaargemaak het!  Hoe awesome is God?!

Die preek het gegaan oor die gelykenis van die slawe wat goud gekry het by hul meester en dat hulle daarmee moes woeker…  Ons dominee het vir ons 5 gedagtes (“Lessons to live by”) uit hierdie gelykenis gehaal en ons uitgedaag om een van die 5 te kies om hierdie week in ons lewe toe te pas…  Ek gaan elke dag van hierdie week aan een van die gedagtes spandeer en bietjie modifyJ…  Dus, gedagte 1: 

Dag 1: “Isoleer jy jouself wanneer dinge moeilik gaan, of gebruik jy die moeilike tye om jou te equip om die mense rondom jou te bemoedig?”

Hierdie het my onmiddellik laat dink aan die beeld van ‘n skilpad…  Wanneer ‘n skilpad bang is, trek hy sy kop in sy groot dop in, en isoleer hy homself van gevaar…  Binne in sy dop kan niemand hom raak of hom seermaak nie…  Hy is veilig, in sy eie wêreld…  Doen ons nie dieselfde wanneer ons kritiek ontvang nie?  OF wanneer iemand ons seermaak, of wanneer dinge net buite menslike beheer gaan – die een ding is nog nie eens klaar nie, dan tref die volgende slegte dinge…  Wanneer ons, ons isoleer is ons veilig, want ons kan die wêreld op ‘n afstand hou…  Maar deur die wêreld op ‘n afstand te hou, hou mens ook as’t ware op leef…  Deur jouself te isoleer van dinge wat moontlik kan seermaak, isoleer jy ook jouself van dinge wat tot ‘n ongelooflike seën vir jou kan wees!  Ons mis uit op geleentheid om ‘n verskil te maak in die mense rondom ons se lewens…  Ons kyk mis, die mense wat God oor ons pad stuur (omdat ons, onsself isoleer), vir wie ons kan moed in praat in moeilike tye, en deur wie God ons gewoonlik “in return” veelvoudiglik wil seën!  Moenie skilpad mentaliteit in jou lewe toelaat nie… “Steek jou nek uit”…  Waag ‘n bietjie – “neem daardie ‘leap of faith’…  Moenie so bang wees vir dit wat moontlik kan seermaak, dat jy uitmis op dit wat jou “ultimately” kan bless nie!  Steek jou kop uit vir God!  Hy sal jou gebruik om Sy Koningkryk elke dag van jou lewe op aarde te laat kom!  Hy sal die moeilike dinge in plek laat val :)

Blessings!

Anelli**

No comments: