Monday 25 February 2013

“If you aren't in over your head, how do you know how tall you are?” ― T.S. Eliot


Haloes! J

“If you aren't in over your head, how do you know how tall you are?” ― T.S. Eliot

Psalm 23:4

“Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for You are with me…”

Isaiah 43:1-2

“But now, this is what the Lord says— he who created you, Jacob, he who formed you, Israel:  “Do not fear, for I have redeemed you;  I have summoned you by name; you are mine.  When you pass through the waters, I will be with you;  and when you pass through the rivers, they will not sweep  over you.  When you walk through the fire,  you will not be burned;  the flames will not set you ablaze.

“The brick walls are there for a reason. The brick walls are not there to keep us out. The brick walls are there to give us a chance to show how badly we want something. Because the brick walls are there to stop the people who don’t want it badly enough. They’re there to stop the other people.”
― Randy Pausch, The Last Lecture

“If you stop betting, you never have to lose…”  ~ What happens in Vegas

Dag 2:  Wanneer jy kyk na jou uitdagings, gaan jy dit “face” deur vrees, of deur vertroue in God?

Ek weet nie of julle onthou toe julle leer swem het vir die eerste keer nie?  Die wat my ken sal weet dat ek baie kort is (1.55m)…  Dus, is meeste swembaddens se diepkante, twee van my lengtes diep J  Voor ek kon swem was ek lekker bang om in te gaan waar ek nie kon staan nie – want ek kon nie beheer hoe ek bo sou kon bly nie…  Sodra die water bo jou kop gaan, is dit maklik om angsbevange te raak as jy nie kan swem nie…  Wat ek die vinnigste geleer het, was dat maak nie saak wat nie – bly net rustig, beheer jou asemhaling en skop J

Is ons lewens nie die presiese prentjie wat ek hier geskets het nie?  Ons is bang vir die onbekende…  Ons wil nie regtig dit waag waar ons nie kan sien hoe dinge gaan uitwerk nie, en wanneer moeilikhede en uitdagings ons kant toe kom, soos water wat oor ons kop gaan, raak ons angsbevange…  Ons sukkel om asem te haal en om reguit te dink, omdat die “gevaar” of dinge wat verkeerd gaan, soveel groter is as onsself!!  Ons probeer baie keer so hard om dinge in plek te laat val, en hoe harder ons probeer, hoe verkeerder gaan die dinge…  Of ons bid vir God om uitkoms te bring, om vir ons te wys wat dit is wat Hy wil hê ons moet doen, maar God se antwoord kom dan nie vinnig genoeg nie, en dan probeer ons ‘n plan van ons eie maak…  Hoe hanteer jy tans die uitdagings oor jou pad?  Deur heeltyd in vrees te lewe??  Of deur op God te vertrou – maak nie saak wat nie…  As jy dit dalk op die oomblik hanteer deur om te vrees - weet dat dit normaal is…  Ons is gewone mense…  Dis natuurlik dat ons somtyds gaan sukkel om dinge in God se hande te plaas en daar te los…  MAAR – dit is waarna ons moet poog…  Soos armpies jou gaan help om op die water te dryf as jy klein is en nog nie kan swem nie, so sal God jou help om kop bo water te hou, maak nie saak WAT die lewe jou kant toe gooi nie…  Solank ons Hom in beheer stel, om ons te behoed, te bewaar en te beskerm van watookal ons kant toe kom!  As dit iets is waarmee jy sukkel – om God te vertrou, eerder as om die situasies te vrees – sê dit sommer nou vir Hom…  BID vir daardie dinge waarmee jy worstel, en gee dit in Jesus se hande…  Hy is soveel beter as ons daarmee!  Hy sal jou help dat die water van moeilikheid en uitdagings jou nie verswelg nie…  Dat jy jou kop bo water sal kan hou, en dat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…  Hy sal Sy engele oor jou die wag laat hou…
Vertrou God!

Blessings!

Anelli**

No comments: