Sunday 3 February 2013

For some of us one mile can be further to walk than thirty... - Redeeming love


Haloes! J

For some of us one mile can be further to walk than thirty... - Redeeming love

Philippians 4:19

“And my God will meet all your needs according to the riches of his glory in Christ Jesus…”

Proverbs 3:5-6

“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways submit to him, and he will make your paths straight…”
 
“Work, love and play are the great balance wheels of man's being” ~ Orison Swett Marden quotes

"Wanneer jy die absolute laagtepunt bereik, is God daar..." ¬ Neville Talbot

Ek hou van stap... En as dit sommer lekker ver kan wees, terwyl jy God se natuurskoon kan bewonder, is dit selfs nog beter!!  Maar vir 'n lekker stapsessie, moet jy reg "gegear" wees... Jy moet die regte klere en skoene aanhe, wat jou in staat sal stel om die roete wat voorle met gemak te kan afle...    As dit 'n baie ver ent is wat vir jou voorle, soos bv 'n vyfdagstap, of 'n uitstappie soos Leeukop, moet jy ook die regte supplemente saamneem, soos genoeg water, energieryke kos, 'n hoed, sonskerm ens, om jou te help om die pad wat voorle makliker te maak...  Ek weet nie wie van julle al ver moes loop met die verkeerde skoene aan nie?! Of in baie warm weer sonder water moes klaarkom nie?! Dis beide omstandighede wat jou absoluut kan uitput en heeltemal sonder krag laat...

Baie keer pak ons egter die lewe so aan... Ons probeer om ons besige en chaotiese lewe te hanteer en uitsorteer, sonder God... Ons probeer geluk vind in. Wereldse dinge... Dinge wat verbygaan en wat baie keer net tydelike geluk bring...  Ons probeer lewe sonder ons LIFELINE (God), deurdat ons nie Bybel lees of bid nie... En dan raak ons kwaad wanneer dinge verkeerd gaan, of net nie in plek wil val nie... Maar ons probeer 'n vol lewe, op 'n lee manier leef...  God wil en kan niks anders as nommer 1 in jou lewe wees nie... Met Hom in die Centre van jou lewe (in jou hart)  sal geen pad te lank of te moeilik wees om te stap nie... God weet reeds wat jy nodig het, nog voordat jy dit van Hom vra...  Watookal die vraag, God sal jou antwoord wees... Hy sal ook jou gebede verhoor - selfs al voel dit vir jou Hy hoor jou nie!  Hy antwoord net nie altyd soos ons wil he nie, en Sy tyd is nie altyd ons tyd nie... Maar Hy het perspektief en Hy sien die groot prentjie van jou lewe... Hy weet wanneer wat moet gebeur, sodat jy die meeste seen daaruit sal kan kry en dat jy die situasie sal kan gebruik om vir ander nog n groter seen te wees!!  As jou lewe dalk die afgelope tyd net een groot gejaag is, en dinge maar net nie wil uitwerk nie, begin hierdie week op 'n ander manier... Deur bid en Bybel lees 'n prioriteit te maak, en sodoende vir God prioriteit in jou lewe te gee... Hy sal alles in plek en perspektief sit...

blessings!

anelli**

No comments: