Sunday 17 February 2013

Maybe it is not about the happy ending, maybe it is about the story... - Anonymous


Haloes! J

 Maybe it is not about the happy ending, maybe it is about the story...  - Anonymous

1 Chronicles 17:2

“Then Nathan said to David…  Do all that is in your heart, for God is with you…”

Proverbs 3:6

“In all your ways, know, recognize & acknowledge Him, and He will direct and make straight and plain your paths…”

 "Sometimes we must hurt in order to grow, we must fail in order to know, we must lose in order to gain, because some lessons in life are best learned through pain..." ~ Unknown

“Our lives begin to end the day we become silent about things that matter.” ― Martin Luther King Jr.

Ek is seker almal van julle hou van gelukkige eindes…:)  Daar is vir my niks lekkerder as om 'n fliek te kyk, waar alles net perfek in plek val nie...   Mens kan baie keer sommer sien wat gaan gebeur, maar dis lekker om 'n "feel good" fliek te kyk! Dis daardie "Hollywood spookasem flieks..."  Die lewe is ernstig genoeg, so ek glo dat ons, onsself die luukse van sulke flieks kan gun!  Ek dink jy weet so goed soos ek dat die lewe nie soos 'n fliek is nie... Sukses kom nie sonder harde werk  nie... Verhoudings is nie net maanskyn en rose nie - dit verg tyd, opofferings en harde werk!!  Siekte is 'n realiteit waarmee baie van ons gekonfronteer word!  Ekt net laas week gehoor dat daar 'n statistiek uit is dat 1 in 3 mense gekonfronteer sal word met kanker...  Of dit nou is om self siek te word, of om iemand te ken wat daarmee gediagnoseer  is...  Dis realiteite, en al manier om dit te kan verwerk, of te hanteer, is deur te weet dat God by jou is...

My en jou storie, kan daagliks impak maak op die mense rondom ons...  Ek glo dat God vir jou en my 'n gelukkige einde beplan, daar is soveel confirmaions daarvan in Sy woord... (Jeremiah 29:11 – “For I know the plans I have for you, plans to prosper you and not to harm you…  Plans to give you Hope and a future…;  Ephesians 3:20: “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine...”   Die pad wat ons egter gaan stap om by daardie gelukkige einde uit te kom, gaan nie altyd maklik wees nie...   “Hoekom nie”, vra jy dalk?  Omdat ons net gewone mense is, met feilbaarhede…  Omdat ons in ‘n stukkende wêreld lewe, wat eers weer heeltemal heel sal wees wanneer Jesus ons kom haal met die Wederkoms…  Ons gaan partykeer voel asof ons nie genoeg krag het om aan te gaan nie...   Of die uitdagings waarmee ons gekonfronteer word, net TE groot is...  As ek dink aan mense wat groot invloed gehad het in die geskiedenis van die wêreld (Joan of Arc, Anne Frank, Mother Theresa, Martin Luther King, Nelson Mandela) weet ek dat elkeen van hulle 'n moeilike pad gehad het om te stap...  Maar dansky die moeilike pad, het hulle 'n storie gehad wat vir "eternity" sal aanleef...   Stories wat ander sal inspireer, en sal laat vasbyt wanneer dinge moeilik gaan...  Stories van HOOP... Jesus se lewe is ook 'n storie van hoop vir elkeen van ons! Hy het aan 'n HOUTKRUIS gesterf, om vir jou en my 'n kans te gee...  Danksy Jesus se "storie" kan ek en jy elke dag met HOOP tegemoet gaan... Ons kan daagliks VOLUIT lewe, deur elke kans wat ons het, met 2 hande aan te gryp... Ons kan ander inspireer met ons stories... Ons kan kies om onthou te word met die liefde,positiwiteit en omgee waarmee ons, ons lewe geleef het...  Moenie dat opdraende en moeilike tye jou laat uitmis op al die goeie goed wat God vir jou beplan nie!!! Maak 'n besluit dat jou storie een van inspirasie sal wees!!! God wil en kan jou ELKE dag gebruik!!  Jy is uniek, en God het jou baie, baie lief!!!  NIKS, is groter as God nie – en NIKS, sal jou hierdie week kan onderkry, mits jy dit toelaat nie…  Jy het vir Jesus aan jou kant!

Blessings!

Anelli**

No comments: