Tuesday 26 February 2013

“We can complain because rose bushes have thorns, or rejoice because thorn bushes have roses.” ― Abraham Lincoln


Haloes! J

“We can complain because rose bushes have thorns, or rejoice because thorn bushes have roses.”
― Abraham Lincoln

Proverbs 3:5-6

“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways submit to him, and he will make your paths straight…”

Hosea 6:1

“Come, let us return to the Lord…  For He has torn, that He may heal us…  He has stricken and He will bind us up…”

“if you tell yourself you feel fine, you will.” ― Jodi Picoult, My Sister's Keeper

“Stand out from the crowd, be yourself.” ― Stephen Richards

Dag 3: Hoe jy kyk na ‘n situasie (jou ingesteldheid), is wat die deurslag gaan gee…

Ek het lank terug al die volgende storietjie gebruik, maar dis so kragtig dat ek dink elkeen van ons dit weer ‘n slag kan lees vanoggend…  Daar is ‘n storie van ‘n tweeling wat geskenke ontvang vir Kersfees...  Die een was 'n pessimis en die ander 'n optimis...  Vir die pessimis het die ouers 'n kamer vol van die mooiste speelgoed gegee...  Vir die optimis het hulle 'n kamer vol mis gegee...  Op Kersdag, toe die tweeling hul geskenke ontvang, was hulle reaksies as volg:  Die Pessimis:  "Ai, ek sal mos nou nooit tyd hê om met al hierdie speelgoed te speel nie..."  (met 'n suur gesig)...  Die optimis het die hoop mis so gekyk en gesê: "Met so baie mis, moet hier 'n perd iewers wees..."  J

Dis nie altyd maklik om die positiewe te sien wanneer dinge anders uitwerk as wat jy beplan nie…  Daar sal elke dag dinge wees wat maak dat ons in die slegte eerder as in die goeie goed sal vaskyk…  Maar ons ingesteldheid sal die deurslag gee van hoe daardie dinge wat gebeur, ons beïnvloed…  Wanneer mens KIES, ‘n wilsbesluit maak om die goeie raak te sien, kry mens gewoonlik BAIE meer gedoen, as wanneer jy net aanhou vaskyk aan alles wat verkeerd is…  Is God daagliks deel van jou lewe?  Is Hy jou beste vriend, en gesels jy deurentyd met Hom?  Deur God elke dag deel van jou lewe te maak, sal alklaar jou ingesteldheid ten opsigte van die dag verander…  Met God wat by jou is, kan jy verseker weet – maak nie saak hoeveel mis oor jou pad kom nie, God sal uiteindelik vir jou 'n perd stuurJ  Seën sal nie van jou weerhou word as jy jou vertroue in God stel nie...  Die mis is ongelukkig deel van die lewe...  Maar hoe ons dit hanteer wat oor ons pad kom, is wat van ons die mense gaan maak wat ons uiteindelik uitleef…  Wees iemand om wie ander mense graag sal wil wees…  Iemand van impak – iemand wat ‘n positiewe invloed op die mense in jou lewe sal hê…  Mag mense altyd met ‘n ligter gemoed weggaan van jou af – omdat jou liefde vir God en positiewe uitkyk op die lewe, hulle sal inspireer om dieselfde te gaan uitleef in hul lewens!

Blessings!

Anelli**

No comments: