haloes! :)
“A sense of humor... is needed armor. Joy in one's heart and some
laughter on one's lips is a sign that the person down deep has a pretty good
grasp of life…” ~ Hugh Sidey
Fillipense 4:13
"Vir alles in die lewe, die goeie en die slegte,
sien ek kans, omdat Jesus my bron van krag is..."
Spreuke 17:22
"'n Vrolike mens is 'n gesonde mens... 'n neerslagtige mens,
raak uitgeput..."
“Today I choose life. Every morning when I wake up I can choose joy,
happiness, negativity, pain... To feel the freedom that comes from being able
to continue to make mistakes and choices - today I choose to feel life, not to
deny my humanity but embrace it…” ~ Kevyn Aucoin
"As mens nie lag nie, lewe jy nie..." ¬ Leon Schuster
Ek’t gedink ons moet die week op ‘n ligte noot eindig, met ‘n huppel in
jou stap en ‘n glimlag op jou lippe… Wie
weet beter van wat dit is om te lag, as Leon Schuster met sy "PRANKS”?
Ek dink sy quote is groot waarheid... Die dae
wat ek nog die minste gelag
het, is verseker die dae wat
ek die minste gelewe
het... Ek het eerder gefokus op PROBLEME, as om te fokus op DIE LEWE :) En ek dink vir meeste van ons wat baie dae
moet jaag om alles gedoen te kry, fokus ons meer op die ernstige dinge as die
ligter dinge van die lewe… Dis ook
moeiliker om te glimlag of lag, wanneer dit moeilik gaan en jy dan gefokus is
op die volgende taak wat verrig moet word…
Ons moet self die lag
in ons dag sit... Omdat Jesus ons bron van krag is, kan ons maar
gelukkig wees... Terwyl ons ons dag tot dag program volg, is Hy agter die skerms besig om dinge te laat
gebeur... Ons is baie keer te vasgevang in ‘n situasie, wat dan
voorkom dat ons objektief en met ‘n positiewe ingesteldheid daarna kan kyk… Ons kyk met die “wat as ek verkeerder
besluite neem/ wat is dinge verkeerd uitwerk?
Wat as dinge nie in plek val, soos wat ek hoop God dit gaan laat gebeur
nie??” Dis baie keer ‘n frons wat ons
gesig inkleur, eerder as ‘n glimlag… en ‘n
glimlag is aansteeklik... Ek het nou die
oggend op die trein gesit, oppad na ‘n klient…
Daar klim toe ‘n ou op die trein, met sy oorfone op sy ore, en hy sing
en RAP KLIPHARD die woorde wat in sy ore blaas!! Ekt eers gedink ek verbeel myself, maar toe
ek later opkyk (dit het seker vir 10 minute aangehou!), toe glimlag die meisie
wat skuins oor my sit en ek gelyk vir mekaar…
My dag het sommer ligter begin!! Baie min mense sal NIE vir jou terug glimlag, as jy hulle so
ontvang / tegemoet gaan nie... Wanneer jy net in problem begin vaskyk,
eerder om die LEWE in die oë te kyk - onthou dat die KEUSE van VOLUIT lewe by jou
lê... Deur te worry, gaan nie die probleme
verander nie... Ek weet dis makliker gese as gedaan om nie te worry
nie, maar probeer gou dink WANNEER is jou probleme al opgelos deur te
worry? Jy het heel waarskynlik net SLEGTER gevoel deur te worry as beter... Wanneer jy weer worry - BID... Of sit vir jou Gospel musiek aan... God het 'n manier om jou te kom rustig maak wanneer jy in Sy teenwoordigheid tyd spandeer...Laat God jou vul met Sy JOY, en probeer die silwer randjie van
die wolk vandag sien :) Jou Hemelse Pappa is in beheer!!!
Dis Vrydag! So turn that frown,
UPSIDE down :) :)
blessings!
anelli**