Sunday 8 January 2012

"What would you do if you knew you could not fail? Keep that thought, and go out and do it!" - Quote from the movie New Year's eve...

Haloes! :)


“What would you do if you knew you could not fail? Keep that thought, and go out and do it!!” ~ Quote from the movie New Year’s eve…

Hebreërs 10:23

“Laat ons nou vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het…”

1 Corinthians 2:9-10

“However, it is written: No eye has seen, no ear has heard, no mind has conceived what God has prepared for those who love Him… But God has revealed it to us by His Spirit…”

“When was the last time, you did something for the first time?”

“It always seems impossible until its done.” - Nelson Mandela

Nuwe jaar, nuwe begin!!! Alles wat in 2011 gebeur het, is in daardie hoofstuk van jou lewe ingesluit, maar ook afgesluit met die jaar wat geëindig het… Dis vir my iets wat so ongelooflik is – met ‘n nuwe jaar, kom nuwe geleenthede… Dis asof jy ‘n tweede kans kry, ‘n skoon bladsy, en nuwe hoofstuk om weer voor te begin, en WAT jy met jou lewe in 2012 doen, hang van JOU af! Jy is die skrywer van jou eie “destiny”… God het ‘n HUGE plan vir jou lewe – maar deur middel van jou besluite, en hoe jy lewe, hang die storie ultimately van jou af…

‘n Boodskap wat ek oor en oor in die Feestyd en oor nuwe jaar gekry het, is dat ons ‘n lewe van LIEFDE moet leef… Aangesien 2012 vir elkeen van ons die begin van ‘n nuwe hoofstuk in ons lewensstorie is, het ek ‘n lysie van “5 dinge wat ons, ons “list to live by for 2012” moet maak…

1. Maak seker dat die mense (familie en vriende) in jou lewe WEET hoeveel hulle vir jou beteken!! Sê sommer op ‘n daaglikse of weeklikse grondslag dat jy hulle liefhet! Maak dit ‘n “habit”… Dis iets wat mens moet aanleer, en later sal dit natuurlik kom…

2. God is ‘n God van tweede kanse: Maak tyd om die mense wat jy moet vergewe, te vergewe… Al raad wat ek met dit het, is dat jy moet bid, dat God jou hart sal kom sagmaak, en jou denke ten opsigte van daardie persoon te vernuwe… Hy het vir jou en vir my ‘n tweede kans gegee deurdat Hy vir ons kom sterf het op die Kruis… Hoe kan ons dan, as ons verwag dat HY vir ons ‘n tweede kans moet gee, ander mense dit ontse?

3. Besef dat tyd kosbaar is… Doen wat jy kan, VANDAG… Moenie uitstel nie, want ons weet nie hoeveel tyd nog aan ons geleen is nie…

4. Doen jou werk daagliks soos vir God, en nie vir mense nie… Jy sal meer vreugde uit jou werk put op die manier :)

5. Hê lief sonder limiete, waag meer, en plaas DAAGLIKS jou wêreld in God se hande… Stel Hom in beheer as die Stuurman van jou lewe vir 2012…

Ek hoop jy sal 'n pragtige dag sal he, sterkte vir die van julle wat moet werk :)

Blessings!

No comments: