Sunday 22 January 2012

6) ‘n Blinde vra op ‘n dag vir Paulus: “Is daar enige iets erger as om jou sig te verloor? Paulus antwoordL “Ja, om jou visie in die lewe te verloor…”

Haloes! :)


6) ‘n Blinde vra op ‘n dag vir Paulus: “Is daar enige iets erger as om jou sig te verloor? Paulus antwoordL “Ja, om jou visie in die lewe te verloor…”

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

2 Kronieke 20:15,17

“So sê die Here vir julle: “Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God… Julle hoef nie te veg nie, neem net julle posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle…”

“Ek loop eerder saam met God in die donker, as alleen in die lig…” ~ Mary Gardiner Brainard

“Die meeste van die belangrike dinge in die wereld, is bereik deur mense wat aanhou probeer het wanneer daar klaarblyklik geen hoop was nie…” ~ Dale Carnegie

Hierdie quote van Mary Gardiner Brainard is vir my awesome verby! Ek loop eerder saam God in die donker, as alleen in die lig! Ek het Vrydagaand gaan fliek, en die fliek was redelik spannend… Dit het omtrent eers half 12 klaargemaak, en toe moes ek met my fiets nog woonstel toe ry… Ek was lekker bang!! En toe daar vir ‘n hele stuk iemand op ‘n poegie agter my aanry – was ek nog banger! J Ek het net gebid, en het toe so ‘n bietjie stadiger gery… Dis toe al die tyd ‘n meisie gewees! J haha, sy’t my toe verbygery. Ekt sommer lekker laf gevoel! Dit het my net weer laat besef – donker + dinge wat ons nie kan sien nie = resep vir vrees! As jy nie kan sien wat dit is wat op jou toesak nie (soos die toekoms - ons nie weet wat die dag van môre vir ons inhou nie!) maak dit mens bietjie bang en onseker… Ek dink ook God het ons met ‘n ongelooflike verbeelding / brein gebless! Jou brein kan jou wysmaak dat iets baie erger is, as wat dit werklik is!

Soos wat ‘n blinde persoon aangewese is op sy gidshond, of ander mense om hom die pad aan te wys soos hy stap, so moet ons ingestel wees op God en Sy wil vir ons lewe!! Dat, al kan ons Hom nie sien nie, al kan ons nie sien wat die pad vir ons inhou nie, dat ons “blindelings” sal vertrou dat die pad wat God vir ons uitwys, die een van ultimate seën vir ons sal inhou… Ek het al ‘n paar keer in hierdie eerste maand van 2012 Jeremia 29:11 gekry – “For I know the plans I have for you, declares the Lord… Plans to prosper you, to give you a hope and a future…” Ons het laas week gesien – soveel bevestigings in die woord, dat ons kan beplan, en beplan – maar uiteindelik sal God se wil geskied… Ek weet dat die moeilikhede in die lewe, baie keer ons moed breek, en ons verhoed om te kan vorentoe beweeg… Gebeure wat kan maak dat die toekoms dalk donker lyk, en dat ons nie kan sien hoe daar positiewe dinge uit ons toekoms kan kom nie… Al deel die lewe klappe uit, dat jy jou sig op ‘n geseende toekoms verloor – moenie jou visie verloor vir die toekoms nie… Weet wie jou Hemelse Pappa is, en weet dat al kan jy nie sien wat voorlê nie – HY kan! EN Hy SAL vir jou SoRg!

Met elke tree wat jy gee - Sal Hy vir jou daar wees!! HY belowe in Sy woord, Lukas 4:10-11: “HE will command his angels concerning you, to guard you carefully; they will lift you on their hands, so that you will not strike your foot against a stone…”

Hoop dat jy 'n PRAGTIGE week sal he!!!

blessings!

No comments: