Tuesday 17 January 2012

3) Soms wanneer mens hoop verloor dink jy dit is die einde… God glimlag dan daarbo en sê: “Kalmeer my geliefde, dis slegs ‘n draai in die pad, nie die einde van die pad nie…”

Haloes! :)


3) Soms wanneer mens hoop verloor dink jy dit is die einde… God glimlag dan daarbo en sê: “Kalmeer my geliefde, dis slegs ‘n draai in die pad, nie die einde van die pad nie…”

Psalm 121:7-8

“Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe… Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd…”

Spreuke 3:5-6

“Vertrou op die Here met alles wat jy het… Moenie staatmaak op jou eie insigte nie… Vra na die wil van God in alles wat jy doen… Hy sal die regte pad vir jou wys…”

“Jy kan op God vertrou om jou op daardie pad te lei, wat vir jou die allerbeste in die wêreld is…” ~ Anoniem

“Wees verseker: As jy met God wandel, en na Hom kyk vir leiding en hulp, sal Hy jou nooit in die steek laat nie…” ~ George Muller

Ek is seker ons het al almal verdwaal… En baie keer op daardie “verdwaalde” pad, bevind jy jouself in ‘n doodloopstraat! Daar is niks meer frustrerend as dit nie… Om eers die verkeerde afdraai te vat, en dan nog in ‘n doodloopstraat vas te sit! Partykeer kan dit weer vreesaanjaend wees, as jy dalk in ‘n gevaarlike area verdwaal, of as dit donker is – en jy geen pad voor jou kan sien nie… Onsekerheid lyk mos ook altyd erger in die donkerte! :)

Hierdie situasie is presies soos ons lewe is… Ons vat baie keer “verkeerde afdraaie” deur verkeerde besluite wat ons neem… partykeer besef ons dit te laat da tons ‘n “verkeerde afdraai geneem het”, en is dit dan al pikdonker rondom ons, dat ons glad nie ‘n nuwe pad kan sien om te vat, om ons uit die huidige moeilikheid te kry nie… Soos wat mens weet die son is daar, selfs al is dit bewolk, so kan ons weet dat God daar is, met Sy behoedende en bewarende hand oor ons, selfs al sien ons GEEN uitweg nie… What a blessing!! ‘n Hemelse Pappa, wat ‘n spesialis is, om die onmoontlike, moontlik te maak… Wat ‘n pad kan maak, waar ons net ‘n doodloopstraat sien! Hoe amazing, en awesome is dit nie!! Ons lewe moet elke dag ‘n “DANKIE” wees – ‘n lewe gewy aan ons Pappa wat ons so seën… Want selfs in die moeilikste van omstandighede, het ons ALTYD iets om voor dankbaar te wees! En dis wanneer jy jou blessings begin raaksien, dat die ander dinge nie so groot en onoorkombaar lyk nie… In die donkerste nag – het jy jou Hemelse Pa by jou… Hy sluimer nie, en Hy slaap nie… AS jy vanoggend in ‘n doodloopstraat vaskyk, omdat die dinge in jou lewe net verkeerd loop, die geleenthede net wegbly en dat dit vir jou voel, hoe harder jy probeer, hoe dieper sink jy… HOU MOED! Jy HET vir God… Steek net jou hand op, en vat Sy uitgestrekte hand… Laat Hom toe om die situasie waarin jy jouself bevind, uit te sorteer… Want ek belowe jou – God laat die dinge uitwerk! Sonder dat jy ‘n vinger hoef te verrig, sal Hy die dinge laat uitwerk, as jy jou vertroue in Hom stel! Hy sal vir jou ‘n nuwe pad maak, daar waar jy net ‘n doodloopstraat gesien het… Helen Keller het gesê: “When one door of happiness closes, another opens, but often we look so long at the closed door that we do not see the one which has been opened for us…” Moenie uitmis op dinge wat ongelooflik kon wees omdat jy vaskyk aan dit wat verkeerd gegaan het al nie! WAAG! LEEF! Laat God toe om jou te blesS!

blessings!



No comments: