Monday 16 January 2012

2) Het jy al gedink hoekom het ‘n voertuig so ‘n groot windskerm en slegs ‘n klein truspieël? Omdat die verlede nie so belangrik soos die toekoms is nie…So kyk vorentoe en beweeg aan…

Haloes! :)


2) Het jy al gedink hoekom het ‘n voertuig so ‘n groot windskerm en slegs ‘n klein truspieël? Omdat die verlede nie so belangrik soos die toekoms is nie…So kyk vorentoe en beweeg aan…

Markus 6:25,27

“Ek sê vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe… Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?”

Matteus 11:28

“Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik…”

“Wie dankbaar aan die verlede terugdink, kyk vol hoop na die toekoms…” ~ Phil Bosmans

“Die verlede is verby, leer daaruit… Die toekoms lê nog voor, berei jou voor daarop… Die hede is hier, leef dit!” ~ Thomas S. Monson

Ek’t die liedjie van Bryan Adams die naweek geluister “There will never be another tonight…” Dit het my aan die dink gesit – “there will never be another today…” Dit wat ek vandag kies om my tyd aan te spandeer, moet van waarde wees, want ek gaan nie die ure weer terugkry nie, en dit gaan ‘n bladsy van my lewensstorie van 2012 uitmaak…

Partykeer bestaan mens se lewe slegs uit ‘n roetine dat daar dae verbygaan wat daar niks noemenswaardig gebeur om op jou lewensbladsy te skryf nie J Of partykeer is jy so vasgevang in dit wat was, dat dit wat tans IS, net verby jou gaan… Jesus het jou ONEINDIG lief… Maak nie saak WAT jy aangevang het in jou verlede nie!! In Sy woord staan daar geskrywe: “Psalm 103:12-13: So ver as die Ooste is van die Weste, so verwyder Hy ons oortredings… soos ‘n Vader Hom ontferm oor Sy kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom dien…” So al daardie skuldgevoel, is VERNIET! So ver soos die OOSTE van die WESTE, so oneindig ver het Hy jou oortredings van jou verwyder! EN wanneer Jesus jou vergewe het, DINK Hy nie eers weer daaraan nie… Dis hoe groot Sy liefde en genade vir ons is… As jy dalk sukkel om te LET GO van wat was, BID… Jesus het deur Sy kruisdood vir JOU en vir MY, ‘n NUWE begin kom gee… In die liedjie van Adele sing sy - "Regrets and mistakes are memories made..." Maak 'n wilsbesluit dat dit wat in die verlede gebeur het, jou lewensstorie kleur gee, en interessant maak... Terwyl ons aan die begin van 2012 staan, kan ons ‘n wilsbesluit te maak om vir Jesus die CENTRE van alles te maak wat ons aanpak, te bid vir Sy guns oral waar ons gaan, en net vir Jesus nommer 1 te hê… Jy maak daagliks geskiedenis… Of jy daarvan hou of nie! En die tyd gaan nie vir ons wag om te begin lewe nie – dit gaan aanhou loop… KIES die LEWE!! Kies om daagliks 1 iets te doen wat vir jou lekker is, 1 iets vir iemand anders te doen / te beteken, en een iets wat jou help om te bou daaraan om eendag ‘n “legacy” agter te laat… Dit wat jy vandag doen, sal jou vorm om uiteindelik die mens te word wat Christus wil hê dat jy moet wees… Skud af al daai goed van wat was, en kyk met afwagting aan al die moontlikhede van wat is! Ek weet sommer God het HUGE planne vir jou in 2012... Jy moet dit net self begin glo!!

Mag jy 'n pragtige daggie he!!

Blessings!





No comments: