Monday 30 January 2012

“When you get caught in the impact zone, you need to get right back up, cause you do not know what is behind the next wave… And if you have faith, anything is possible…” ~ Soul Surfer

haloes! :)


“When you get caught in the impact zone, you need to get right back up, cause you do not know what is behind the next wave… And if you have faith, anything is possible…” ~ Soul Surfer

Johannes 15:16

“Dit is nie julle wat my uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het…”

Johannes 16:23

“Ek verseker julle, wat julle ook al van die Vader vra op grond van my Naam, sal Hy aan julle gee…”

“Every man at some point in his life is going to lose a battle. He's going to fight and he's going to lose. But what makes him a man, is that in the midst of that battle, he does not lose himself - Coach Taylor (FNL)”


“God het nie belowe dat ons dae sonder pyn sal wees nie, maar Hy het wel belowe om krag vir die dag, troos vir die trane en lig vir die pad te voorsien…” ~ Anoniem

Ek is MAL oor rugby… En ‘n trotse WP / Stormer supporter… Maak nie saak wat nie – ek sal agter my span staan… Die van julle wat my ken, weet eks ‘n fanatic J Jy SAL my nie convert kry nie J Ek weet nie of julle al, soos ek, ‘n wedstryd (enige sportJ) vir die wat nie van rugby hou nie) sit en kyk het, en net gesien het hoe die kanse al hoe skraler word vir jou span / persoon wat jy ondersteun, om dit deur te trek nie?? Maar, as jy ‘n getroue ondersteuner isJ, bly jy sit, en kyk daardie wedstryd end uit klaar! En jy HOOP, en BID tot daardie laaste minuut dat daar ‘n wonderwerk kan gebeur wat jou span / vir die persoon, die oorwinning sal gee?! As hulle verloor, is jy volgende week weer terug om hulle te ondersteun… Hoekom?? Omdat ons HOOP het… Hoop vir die dag van môre! Dat dit nie vir jou saak maak hoe sleg vandag was nie, omdat jy hoop het, weet jy dat daar ‘n kans is dat dit môre met jou span sal kan beter gaan…

Dis dieselfde met die lewe! Daar gaan weke kom wanneer branders van moeilikheid jou omslaan… En sodra dit vir jou voel of jy net weer regop gekom het, gaan die volgende brander al klaar weer daar wees… MAAR, die moeilikheid sal nie vir altyd aanhou nie!! Die waters sal rustig raak, vir jou om weer jou ewewig te vind… En God sal GEEN brander oor jou pad stuur, wat vir jou TE groot sal wees om te hanteer nie! Hy sal jou equip met die nodige krag om elke brander te hanteer soos dit kom… Hy sal jou voorsien van die “skills” wat jy nodig het om daardie brander te “surf”, eerder as wat hy sal toelaat dat dit jou omslaan… ons moet net ons oog op Hom hou – Hy sal die surfboard voorsien, asook DIT wat jy nodig het, op daardie spesifieke dag… Soos wat jy jou span / sportster aanmoedig, so "back" God ook vir jou, met ALLES wat jy deurmaak / aanpak!! Ons kan ELKE dag NUWE HOOP vir God se blessings, wonderwerke, en uitkoms in moeilike omstanighede - OMDAT Jesus vir ons aan die Kruis gesterf het, en ons oneindig baie liefhet!! As ons toelaat dat water ons oorweldig, en ons net ophou om te fight teen die branders wat ons wil omslaan, mag ons dalk uitmis op geleenthede wat in die moeilikhede opgesluit lê! Ek weet dis moeilik om te soek vir ‘n geleentheid wanneer dit sleg gaan, maar mens moet die slegte beveg met ‘n positiewe ingesteldheid… God bless ons in die goeie en die slegte tye… En dis wanneer ons daardie blessings tel, dat dit ons deur die moeilike tye kry :) Ek bid dat God jou sal oorweldig met STROME van blessings in jou lewe!!!

God is in beheer... Isaiah 40:29 - "God gives power to the faint and weary, and to him who has no might, He increases strength..."

blessings!

No comments: