Monday 23 January 2012

“With God all things are possible…”

Haloes! :)


7) “With God all things are possible…”

Efesiërs 5:2

“Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was…”

Galasiërs 6:2

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee so ‘n uitvoering aan Christus se liefdeswet…”

"A friend is someone who is there for you when he'd rather be anywhere else." - Len Wein - Sent by Paulo Louro

"A friend is one who believes in you when you have ceased to believe in yourself." - Sent by Lysha

Ek is besig om Classic Christianity te lees op die oomblik… Dis regtigwaar een van die beste Christelike boeke wat ek nog ooit gelees het! Dit boei jou, want dit is stories van alledaagse mense, soos ek en jy, wat met dieselfde dinge worstel as dit waarmee ons sukkel. Die hele boek gee ook vir jou testimonies regdeur, van dinge wat mense moet deurmaak, en hoe God hulle anderkant uitgekry het… Die een hoofstuk gaan daaroor oor hoe God ons liefhet, en aanvaar NES ONS IS… Waar mense jou dalk mag judge / lable, en sekere vereistes het waaraan jy moet voldoen om aanvaar te word, aanvaar Jesus jou NES jy is!! Jy hoef NIKS te doen om Sy genade en liefde – DAAGLIKS – in jou lewe te ervaar nie!

Proverbs 28:25 – “Those who put their trust in the Lord will prosper!” Jesus wil vir jou daardie hartsvriend of vriendin wees… Die een wat instap wanneer al die ander uitstap… Hy sal altyd aanhou glo in jou – “Hy sal in jou hoekie wees en jou aan"cheer" soos jy daagliks die wedloop van die lewe hardloop…” HY sal jou nooit, maar nooit in die steek sal laat nie, en ook nooit jou vertroue sal breek nie, wat ALTYD dieselfde is!! Hy sal altyd vir jou tyd hê, en Sy lewe sal nooit vir Hom belangriker as joune wees nie… JY is Sy ALLES!!! Wanneer ons hierdie ongelooflike geskenk DAAGLIKS in ons lewe ervaar, deur Jesus se liefde, genade en klein blessings wat daagliks oor ons pad kom, kan ons nie anders as om te straal van God se goedheid nie!!

Selfs dae wat dit moeilik gaan, en jy dalk hartseer voel, kan jy rus in die wete dat iemand jou liewer het as wat jy ooit sal kan droom of dink! Iemand wat gaan veg vir jou, wanneer jy nie die krag het om vir jouself te veg nie… Iemand op wie jy daagliks kan staatmaak, en vir wie NIKS onmoontlik is nie… Ons sing so ‘n liedjie in die kerk wat gaan: “Nothing is impossible, You will never fail, Our God, You’ll make a way…” Maak nie saak hoe onmoontlik dit lyk nie – Your God will make a way - TODAY! Ons moet net ons vertroue, en geloof in Hom plaas wat vir ons die oorwinning WiL gee! Maak die mEeStE van vandag!! Moenie geleenthede wat oor jou pad kom onaangeraak laat nie!! LEEF, he lief, en wees net 'n Koninkrykskind! Laat jou lewenswyse jou getuienis wees!!
 
Blessings!

No comments: