Thursday 19 January 2012

4) Alle dinge in die lewe is tydelik… Wanneer dit goed gaan, geniet dit… Dit gaan nie vir ewig aanhou nie… Wanneer dit sleg gaan, moet jou nie bekommer nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie…

Haloes! :)


4) Alle dinge in die lewe is tydelik… Wanneer dit goed gaan, geniet dit… Dit gaan nie vir ewig aanhou nie… Wanneer dit sleg gaan, moet jou nie bekommer nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie…

Romeine 5:3-4, 1983 vertaling

“Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop…”

2 Korintiërs 12:9

“My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in volle swakheid tot volle verwesenliking…”

“Geen wolk kan ‘n Christen oorskadu sonder dat sy geloof ‘n reënboog daarin sien nie…” ~ Biskop Horne

“Die doel van Christenskap is nie om swaarkry te vermy nie, maar om ‘n karakter te vorm wat dit kan weerstaan wanneer dit kom…” ~ James L. Christensen

Hierdie is ‘n super cool aanhaling J Mens is geneig om altyd vas te kyk in die moeilike tye, en te vergeet dat dit nie vir altyd sal aanhou nie! J Dis soos om op ‘n rollercoaster te ry… Jy klim op met die beste voornemens, word rondgeskud tydens die rit – jou wêreld word soms letterlik op sy kop gedraai, maar wanneer daardie rit vir jou voel of jy nie meer kan aanhou nie en dat jy nou tot op jou uiterste uithouvermoë “gechallenge” word, het jy HOOP, want jy weet die rit sal nie vir ewig aanhou nie, en dat die einde in sig is…

As ek vanoggend moet terugdink aan moeilike tye wat ek al beleef het, is dit moeilik om te onthou HOE ERG dit op daardie stadium vir my was toe ek dit moes deurmaak… Wanneer mens vasgevang is in ‘n situasie of probleme jou van alle kante af tref, is dit baie keer moeiliker om perspektief te behou en die positiewe raak te sien… Wanneer mens nie positiewe kant van dinge raaksien nie, raak die probleme met ‘n negatiewe uitkyk, dikwels baie groter in ons kop, as wat dit in werklikheid is… Die GOEIE nuus vanoggend, is dat ons as Christene, HOOP kan hê, maak nie saak HOE donker, of HOE moeilik dit met ons gaan nie! Dis ook ‘n ongelooflike BELOFTE om aan vas te hou vir die jaar wat voorlê! Jesus stap saam met jou!! Al kom daar dae in 2012 wat soos “rollercoaster rides” vir jou voel, WEET dat dit nie vir ewig sal aanhou nie, dat jy nie vir ‘n oomblik dit alleen hoef aan te durf nie, en dat Jesus sal sorg dat NIKS met jou gebeur wat jy nie deur Sy krag sal kan hanteer nie… Hy sal jou elke dag van hierdie jaar equip, sodat jy sal GROEI deur elke omstandigheid wat jy moet deurmaak, en nie sal breek met elke moeilikheid wat jou pad kruis nie!

Watse ongelooflike God dien ons nie?! Hy is ELKE dag dieselfde, en Hy het jou super, super baie lief!! Ephesians 3:20 vir jou vandag: “Now to Him who is able to do immeasurably more than all we can ask or imagine, according to His power that is at work within us…”

Blessings!

No comments: