Wednesday 11 January 2012

“Impossible only means that you haven’t found the solution yet.” - Anonymous

Haloes! :)


“Impossible only means that you haven’t found the solution yet.” - Anonymous

Jeremia 29:11-12

“Ek weet wat Ek vir julle beplan het, sê die Here… Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie… Ek wil hê julle hoop vir die toekoms moet hê… Julle sal na my roep en kom bid… Ek sal na julle luister… As julle heelhartig na my soek, sal julle My vind…”

Hebreërs 12:1-2

“Met so ‘n magtige skare toeskouers rondom ons, om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry… Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê… Ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot die eindstreep steun… Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur… Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die Kruisdood nie laat afskrik nie…”

“ ‘n Voorneme vir die hart…”

In gelukkige oomblikke, prys God…
In moeilike oomblikke, nader tot God…
In stil oomblikke, aanbid God…
In pynlike oomblikke, vertrou God…
In elke oomblik, dank God… ~ Rick Warren

“What we can or cannot do, what we consider possible or impossible, is rarely a function of our true capability. It is more likely a function of our beliefs about who we are...” - Anthony Robbins

Balans… Mens kan soveel goeie voornemens hê, maar sodra die werk weer druk raak, kan ons al daardie goeie voornemens by die ruit uitgooi… Om balans in ons lewe te probeer toepas, moet ons besluit wat vir ons belangrik is… Wat wil jy bereik in 2012? Het jy al vir jou ‘n bucket list opgestel? Ek love dit om Oujaarsaand / aan die begin van die nuwe jaar, vir my ‘n lysie op te stel van dit wat ek graag sal bereik of aanpak in die Nuwe jaar… Nie voornemens nie, maar drome / verwagtinge - iets om voor te werk in die nuwe jaar wat kom... Ek haal dan altyd ook my vorige jaar lysie uit, en kyk hoeveel van die dinge wat ek gedroom het die vorige jaar se einde, ek in daardie huidige jaar verwesenlik het… As jy nog nie ‘n lysie het nie, maak tyd in hierdie week om vir jou ene op te stel…

Die enigste manier om jou doelwitte te bereik, is om te weet wat hulle is J En dan dra jy hierdie lysie op aan God… Bid daaroor… Dis vir my altyd amazing om terug te kyk en te sien hoeveel van my gebede God beantwoord het gedurende die jaar!! God wil weet wat jy wil aanpak, dit wat jy droom, dit wat jou hartsbegeertes is… Miskien wil jy ‘n nuwe uitdaging werksgewys aanpak – maar op die oomblik is daar geen geleenthede nie… Bid dat God sal voorsien, en VERTROU Hom daarvoor!! Miskien wil jy graag in ‘n verhouding wees – bid vir daardie persoon – dat God aan jou die REGTE persoon op die REGTE tyd sal gee… Miskien wil jy graag UIT ‘n verhouding klim – BID dat God jou van die courage sal voorsien om dit te doen… Die lys kan EINDELOOS wees! BID, bid, BID! Wanneer ons God nommer 1 in ons lewe stel, en Hom in beheer stel, val die dinge in plek… Wanneer jy God Sy regmatige plek in jou lewe sal gee, sal Hy aan jou balans gee… Rustigheid vir die dinge waarvoor jy moet wag, en krag om hard te werk daarvoor… Niks in die lewe wat die moeite werd is kom maklik nie… Ons moet partykeer net bereid wees om hard te werk, soms te veg vir wat ons wil he, maar ook om God te vertrou, en net geduldig te wag vir God se tyd – nie ons tyd nie… Die lys van blessings wat Hy vir jou - Sy kind het in hierdie nuwe jaar is EINDELOOS!!! Kom met verwagting voor God in gebed, en laat toe dat Hy jou bederf in die nuwe jaar :)

Blessings!

No comments: