Wednesday 25 January 2012

9) Wanneer jy vir ander bid, luister God na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het…

Haloes!  :)


9) Wanneer jy vir ander bid, luister God na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het…

Matteus 21:22

“Alles wat julle in die gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou…”

Jakobus 5:16

“Die gebed van iemand wat se saak met God reg is, het ‘n kragtige uitwerking…”

“Bemoediging is wonderlik… Dit kan iemand anders se dag, week of lewe heeltemal verander…” ~ Charles Swindoll

“Die eenvoudigste definisie van ‘n gebed, is ‘n wens wat tot God gerig word…” ~ Philips Brooks

Ekt vanoggend vir jou ‘n vers wat jou uit jou sokkies uit gaan seën! 1 Corinthians 2:9 – “No eye has seen, no ear has heard, no mind has conceived what God has prepared for those who love him!” Hoe ongelooflik is dit nie?! Om te weet dat God GROOT dinge vir JOU beplan het!!! En NEE – nie net goeie dinge vir DIE rondom jou nie, vir JOU!! God se genade is nie iets wat ons kan verdien nie – dis iets wat ons daagliks onverdiend ontvang! God gee elke dag vir ons 86,400 sekondes van genade… Dit laat my dink aan die Manna wat die Israelite daagliks ontvang het terwyl hulle in die woestyn was. God het aan hulle ELKE dag voorsien, net genoeg van dit wat hulle vir daardie dag nodig gehad het!

Met ons gebede is dit dieselfde… God weet WAT jy nodig het, WANNEER jy dit nodig het… HY sal wanneer HY dit goeddink, daardie gebede wat vir jou so tevergeefs voel – beantwoord!! Daar is soveel wonderwerke wat deur gebed kan realiseer! Siektes KAN genees word, finansiële moeilikheid KAN oorbrug word – met uitkoms wat SLEGS God kan gee… Stukkende harte KAN heel word, nuwe geleenthede KAN jou omboul, en God KAN jou uit jou sokkies uit seën – met dinge wat jou WILDSTE DROME sal oorskry!! Want jou grootste drome vir jouself, is maar VREK klein teen dit wat God vir jou lewe beplan!! Ek dink nie ons gedagtes is groot genoeg om te kan begryp HOE lief God ons het nie… En as jy iemand liefhet, wil jy mos altyd net die beste vir daardie persoon he! Gebed is partykeer ons anker – wat ons in ‘n veilige hawe sal hou wanneer stormwaters ons wil oorweldig! Om vir vriende / familie te kan intree in gebed is ook net ‘n voorreg!! As jy nog nie ‘n “God box” of ‘n “gebede boks” het nie – maak vir jou sommer vandag een… “Anel, waarvan praat jy nou?” Maak vir jou ‘n boks / boek waarin jy jou gebedsversoeke vir jou eie lewe, en vir jou vriende of familie neerskryf… Ek belowe jou – as jy oor ‘n maand terugkyk, en weer daardeur lees, sal jy verstom staan oor hoe God gebede beantwoord het! Of hoe hy uitkoms gebring het, healing gebring het, nuwe vriende vir jou voorsien het – soos jy nie gedink het moontlik kan wees nie!! BID – want God luister!

En LEEF en GLO Matteus 21:22 - “Alles wat julle in die gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou…” God KAN die onmoontlike MOONTLIK maak...


Ek hoop jy gaan 'n PRAGTIGE dag he! Jy is NIE alleen met wat jy face nie, God is met jou!!!

blessings :)

No comments: