Wednesday 14 December 2011

Geseende Kersfees!!

Haloes! :)


Geseende Kersfees!!

Matteus 1:23

“Die maagd sal swanger word! Sys al aan ‘n seun geboorte gee… En die mense sal Hom Immanuel noem… (Hierdie naam beteken: God is by ons…)”

Matteus 5:3

“Gelukkig is die mense wat weet hoe nodig hulle God het, want hulle het deel aan Sy Koninkryk…”

“All you need is love…” ~ John Lennon

“Better to have loved and lost, than to have never loved at all…” ~ St. Augustine

Kersfeestyd… Dis vir my een van die “magicalste” tye van die jaar… Tye wat ons kan rustiger raak na ‘n besige jaar, tyd saam met vriende, familie en geliefdes kan deel, en net weer opnuut herinner word waaroor die lewe gaan… Dat ons Verlosser vir ons gebore is… Die Een wat alle kwaad oorwin het deur Sy oneindige groot liefde vir ons… Ek dink mens raak baie keer so vasgevang in die “rush” van geskenke koop, kos maak en partytjies reël dat mens partykeer kan vergeet waaroor dit werklik gaan…

LIEFDE… Dit is die kern van Kersfees… Dat ons sal vergeet van alles wat ons hartseer maak, of uitdagings wat ons tans moet deurmaak en dat ons sal fokus op alles waarmee God ons daagliks seën… Dat ons van ons tyd sal gee om ‘n verskil te maak (gee van jou oorskiet kersmaal by die kerk af sodat dit gegee kan word aan mense wat nie so bevoorreg is om ‘n kersmaal te hê nie), dat ons tyd sal maak vir ons geliefdes, dat ons mekaar sal vergewe soos Christus ons vergewe het vir als wat ons al verkeerd gedoen het, en dat ons sal DANKIE sê vir nog ‘n jaar wat God ons vir mekaar gespaar het… Dat God aan ons nog ‘n jaar gegee het en dat ons met nuwe hoop gevul kan word omdat ons weer opnuut herinner word aan die feit dat Hy ons NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie… Dat Sy genade en liefde ELKE dag NUUT vir ons is… Dat Hy net ‘n gebed ver is…

Mag jy vandag en die res van hierdie Kerstyd LIEFDE LEEF! Elke daG!!! Mag jy besef hoe oneindig lief God jou het, en dat Sy liefde vir jou NOOIT sal ophou nie… Maak nie saak wat jy gedoen het, of nog gaan doen nie… Koester die kosbare mense in jou lewe… En ervaar net Jesus se ongelooflike seën wat HY vir jou het! It’s yours for the taking!! Ek wens jou en almal wat vir jou spesiaal is 'n BAIE geseende Kerstyd toe! AS jy gaan reis - reis veilig... Pas jouself mooi op tot ons weer gesels in die nuwe jaar... Wees reg vir 'n jaar VOL nuwe geleenthede en seen uit God se hand!

Blessings!

Dit was die laaste gedagteki vir die daggie vir 2011... Gedagteki vir die daggie sal weer vanaf 9 Januarie 2012 verskyn...

No comments: