Thursday 19 January 2012

5) Wanneer God jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer God nie jou probleem oplos nie, het Hy vertroue in jou bekwaamheid…

Haloes! :)
5) Wanneer God jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer God nie jou probleem oplos nie, het Hy vertroue in jou bekwaamheid…

Spreuke 19:21

“Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het…"

Spreuke 16:3

“Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…”

“Die lewe is ‘n skoon doek… Ander mense verskaf die kleur of die skadu’s, maar God se hand hou die kwas vas wat die prentjie van jou lewe skilder…” ~ Anoniem

"Ware grootheid lê nie daarin om sterk te wees nie, maar om jou krag reg te gebruik…” ~ Henry Ward Beecher

As jy terugdink oor 2011, het alles gebeur wat jy beplan het? Het jy elke droom nagejaag wat jy gehad het, en elke oomblik wat aan jou geleen was, benut? Ek dink nie in een van ons se lewens gebeur als soos ons dit beplan het nie… Vir my is dit eintlik ‘n TREAT as dinge anders uitwerk as wat ek dit beplan, want God AMAZE mens met SOVEEL beter dinge as wat jy OOIT vir jouself sal kan droom of dink!! Dis absoluut ongelooflik wat God als vir jou sal doen, as jy Hom net BEHEER gee oor jou lewe… As jy al jou planne wat jy het opdra aan Hom, en dan aan Hom die ultimate seën daaroor vra… Hy kan ‘n jaar wat sleg begin het, en ‘n jaar wat sal lyk soos ‘n swart kol op ‘n canvas, omskep in die mooiste skildery ooit!

Jy moet net die verfkwaste vir 2012 in jou Hemelse Pa oorhandig!! Laat Hom TOE, om jou te seën met dit wat HY vir jou het… EN BID vir daardie seën in jou lewe… Of dit finansiële deurbrake is… Of dit nuwe werksgeleenthede is… Of dit herstel van verhoudings, begin van nuwe verhoudings of vriendskappe… BID VIR JOU LEWENSMAAT (die een wat jy tans het, of die een waarmee God jou nog gaan bless! Of jou ou of meisie)… Gebed vernuwe verhoudings, en bless verhoudings soos mens nie kan dink moontlik is nie! OF as jy genesing van siekte nodig het… Jy kan in geloof na God toe gaan met hierdie dinge, en jy kan terugstaan en kyk hoe Hy die onmoontlike swart kol van probleme, in ‘n skildery, ryk aan kleure omskep!! Skepties dalk met dit wat ek hier skryf? Hier is ‘n belofte in God se woord vir jou om aan vas te hou: Romeine 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens Sy besluit geroep is…” Nog nie heeltemal oortuig nie? Jesaja 43: Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne… Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees…”

Gee daai verfkwaste in God se hand en bid vir Sy seën soos Jabes dit gebid het… “Here, seën my, seën my ryklik… Seën my, seën my daadwerklik… Vermeerder my grondgebied, hou U hand oor my… Laat my geen pyn veroorsaak nie, o Heer… Seën my…” En laat dit oor aan God – HY weet in elkegeval die pad van die grootste seën vir jou lewe!

Geniet Vrydag! Embrace life!!! Lewe voluit vandag, en maak die meeste van jou naweek - "if you are not living on the edge, you are taking up too much space..."

blessings vir jou!






No comments: