Thursday 26 January 2012

10) Bekommernisse neem die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg...

Haloes! :)


10) Bekommernisse neem die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg...

2 Kronieke 16:9

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…”

Psalm 121:7-8

“Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe… Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd…”

“Jy verkry krag, moed en selfvertroue by elke geleentheid waar jy met vrees gekonfronteer word…” ~ Eleanor Roosevelt

“Wees geduldig genoeg om een dag op ‘n slag te leef, soos Jesus ons geleer het… Gister is verby, more moet nog kom…” ~ John F Newton

Die dominee het Sondag gesê, ons lewe in tye waar mense dink dat dinge wat “lack” in ons lewe, of dinge wat verkeerd loop heeltyd – is hoe dit moet wees… Ons word daagliks omring deur hartseer, hongersnood, moord, doodslag, oorlog, finansiële moeilikheid, siekte, eensaamheid en vrees vir al die genoemde dinge… Die duiwel het ‘n manier om negatiewe denke by ons te kweek, en waar ons dan, voor ons ‘n nuwe week of selfs dag moet tegemoet gaan – sal fokus op alles wat moontlik verkeerd kan gaan, of dinge wat ons vrees… Of ons raak vasgevang in die dinge wat wel verkeerd gaan, en wat ons net nie kan verstaan oor hoekom God sulke dinge in ons lewe toelaat nie?!

God wil vir jou en vir my OORVLOED hê!! GROOT oorvloed vir ELKE area van jou lewe!!! Die dominee het ons met die volgende vers geseën en gesê dat ons dit in ons Bybels moet gaan onderstreep en 2012 langsaan dit skryf – Psalm 65:12 “U kroon die jaar met goeie gawes, in U spore volg daar oorvloed…” God se genade is vir ons elke dag nuut… Ek weet dit voel baie keer onverstaanbaar oor hoekom moeilikheid oor jou pad kom, oor hoekom ander mense wat baie keer nie eens naby aan God leef nie, dit so maklik het en net deur die “motions” gaan… ‘n Vers vir wanneer mens so voel – Johannes 16:33 “In hierdie wêreld sal julle dit moeilik hê… Maar hou moed! Ek het die wêreld reeds oorwin…” Watookal jy vandag face - God is GROTER... Hy is ons veilige vesting... Wanneer dit vir jou voel - "when it all falls apart" - God is die gom wat jou "heel" sal hou... Gee net oor - en plaas jou vertroue in Hom!! Hy sal jou nie teleur stel nie...

Mag jy 'n PRAGTIGE Vrydag he!!

blessings :)



No comments: