Wednesday 11 January 2012

“Laat liefde jou lei in wat jy doen en dink – en ontdek die geheim van ‘n dieper verhouding met jouself, jou naaste en God…” ~ Leef tydskrif Januarie 2012

Haloes! :)


“Laat liefde jou lei in wat jy doen en dink – en ontdek die geheim van ‘n dieper verhouding met jouself, jou naaste en God…” ~ Leef tydskrif Januarie 2012

Romeine 13:8

“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê… Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit…”

1 Korintiërs 13:4-7

“Die liefde is geduldig en vriendelik… Die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie… Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie… Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier… Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, hou aan met hoop, en dit verduur alles…”

“For every question, the answer is Jesus…” ~ Quote Pastor Richard (Hillsong Amsterdam)

“A loving heart is the beginning of all knowledge…” ~ Thomas Carlyle

LIEFDE… ‘n Ses letter woord, maar dis tog iets waarmee baie van ons op ‘n daaglikse grondslag sukkel… As ons kyk na die definisie van liefde in 1 Korintiërs 13 is dit alles dinge wat redelik maklik lyk om te doen – geduld teenoor ons naaste, geduld om te wag op God, soos Hy op ons wag… Om daagliks vriendelik te wees met die mense wat oor ons pad kom… Vir ‘n vreemdeling te glimlag… Om die geelbaadjie te bêre en die mense rondom ons geluk te gun! Om nie jou eie beuel te blaas nie, om nie vol van jouself te wees nie… Om humble te wees en partykeer ander se belange bo jou eie te stel… Give and take (soos enige verhouding maar is)… Hartseer wees oor die onreg in die wêreld en bly te wees wanneer die waarheid seëvier… Een van my gunstelinge J om stil te bly oor ander se foute, en om ALTYD aan te hou, uit te hou, en HOOP te hê, maak nie saak WAT nie!

Hoe kan ek al hierdie dinge doen in 2012? Dis erg moeilik!! Mens raak so maklik kwaad as dit lyk of ander mense nie dieselfde trails as jy moet deurmaak nie… AS dit lyk of dinge net in hul skoot val, en hulle nie so hard soos jy hoef te werk nie… Wanneer mense deur oneerlike maniere bo uitkom, en jy partykeer ‘n langer pad moet stap omdat jy die eerbare pad loop… Of as ons kwaad raak, is dit partykeer moeilik om nie ander mense se foute voor hul kop te gooi nie… Om eerder stil te bly en die vrede te bewaar… God weet wat Hy vir ELKEEN van ons uitgesit het… Hy sal sorg dat JOU regmatige deel jou toeval… JY moet net jou vertroue in Hom stel, en GLO dat DIT wat Hy jou beloof het, vir jou so sal wees… God se hoofopdrag vir ons lewe, is dat ons, ons medemens en God moet liefhê… Met die tipe liefde wat HY vir ons gehad het, toe Hy Sy Seun gegee het, om aan ‘n Houtkruis te sterwe… Al hoe ons die bogenoemde kan regkry is deur Jesus wat ons verander, die dag wat ons Hom aanneem as ons verlosser, en deur voortdurende gebed… My gebed vir jou vir 2012 is dat jy Sy liefde, wat ALLES oorweldig sal ervaar in hierdie jaar, maar ook ‘n liefde vir jou naaste sal ontwikkel wat ALLE verstand te bowe gaan… Dat jy die mense wat jou lastig val en irriteer, die mense wat bedel, die mense wat jou beskinder sal liefhê soos Jesus jou liefhet…

Blessings!

No comments: