Friday 13 January 2012

“God said: I will take your death, and you can have My life!” ~ Richard (Hillsong Amsterdam)

Haloes! :)


“God said: I will take your death, and you can have My life!” ~ Richard (Hillsong Amsterdam)

1 Samuel 17:45-47

“Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ‘n swaard en ‘n spies en ‘n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy beledig het… Vandag gee die Here jou oor in my mag… Ek sal jou doodmaak, jou kop afkap, en die lyke van die Fillistynse leër vir die roofvoëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee… Die hele wêreld sal weet dat Israel ‘n God het… Almal sal weet dat die Here nie ‘n swaard en spies nodig het om Sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n en Hy sal julle in ons mag oorgee!”

Philippians 4:12-13

“I know what it is to be in need, and I know what it is to have plenty… I have learned the secret of being content in any and every situation, whether well fed or hungry, whether living in plenty, or in want… I can do everything through Him who gives me strength…”

“We would accomplish many more things if we did not think of them as impossible.” - Vince Lombardi

“The positive thinker sees the invisible, feels the intangible and achieves the impossible.” - Anonymous

Al is jy so jonk soos Dawid, al het jy net 5 klippies en ‘n slingervel, al kan jy nie sien hoe daar ‘n positiewe uitkoms vir jou situasie moontlik is nie – solank jy vir God het, is die geveg SYNE en nie joune nie… Jy moet net jou posisie inneem, en toelaat dat Hy vir jou veg… Sy liggaam is op die Kruis gebreek vir ons, sodat ONS kan HEEL wees… Partykeer deel die lewe ‘n paar taai klappe uit, dat mens “battered en bruised” ander kant uitkom… Maar ons kan lewe met die WETE – God is met ons, maak nie saak wat nie… Hy sal nie toelaat dat ‘n haar op jou kop geskaad word nie…

Ons sukkel soms net met VOLKOME vertroue in God… Ons gee ons lewe oor aan Hom, en ons bely met ons mond dat ons vertrou, net om weer ons bekommernisse op te tel, deur te begin “worry” en dan te probeer om self die pad verder te loop… Ons probeer om al die antwoorde te hê, om die oplossings vir probleme te vind, en die uiteindelike gevolg is om heeltyd moeg, bekommerd of gedreineerd te voel… Deur in God te glo - al sien ons nie hoe die pad vorentoe lyk nie, al kan ons nie sien hoe daar oplossings vir ons probleme gaan kom, of genesing vir siekte nie, liefde in ons lewe, vriendskap vir eensames, finansiële deurbrake vir die wat swaarkry nie - dit is om FAITH te hê… Al wys alles moontlik teen die “odds”, om te weet, dat as jy vir Jesus het, dit soveel meer werd is as om jou te steur aan wat mense sê, want Hy is ‘n God wat SPESIALISEER IN ONMOONTLIKHEDE!!! Al wat Hy vra, is dat ons Hom sal vertrou, en sal glo dat Hy die uitkoms vir ons sal bring!! Plaas jou vertroue, hoop en FAITH op ons Lewende Hemelse Pappa vir 2012… Laat Hom toe om jou om te boul met die blessings wat Hy vir jou beplan…

Blessings!

No comments: