Monday 9 January 2012

So many of our dreams at first seem impossible, then they seem improbable, and then, when we summon the will, they soon become inevitable.” - Christopher Reeve

Haloes! :)


So many of our dreams at first seem impossible, then they seem improbable, and then, when we summon the will, they soon become inevitable.” - Christopher Reeve

Johannes 6:1-13

“Hierna het Jesus na die oorkant van die Meer van Galilea vertrek, wat ook die Meer van Tiberias genoem word… ‘n Baie groot skare mense het Hom bly volg omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy gedoen het toe Hy die siekes genees het. Toe Jesus opkyk, sien Hy ‘n baie groot skare mense na Hom toe aangestap kom… Hy sê daarop vir Fillipus: Waar moet ons brood koop sodat hierdie mense iets te ete kry? Jesus het dit net gesê om Hom te toets, want Hy het self geweet wat Hy sou doen…

Fillipus het geantwoord: Dit sal ‘n klein fortuin kos om aan elkeen van hulle net ‘n stukkie kos te gee… Een van Sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus sê vir Jesus: Hier is ‘n seuntjie wat 5 garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense? Jesus het daarop gereageer: Reël dit so dat die mense gaan sit… Daar was baie gras op die plek en die mense het gaan sit… Die mans was ongeveer 5,000. Jesus het toe die brode geneem, ‘n dankgebed gedoen en aan die mense wat daar gesit het, uitgedeel en ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê… Nadat die skare mense versadig was, sê Jesus vir Sy dissipels: Maak die oorskietstukke bymekaar sodat daar niks vermors word nie… Hulle het dit toe bymekaargemaak en twaalf mandjies volgemaak met die oorskietstukke van wat van die 5 garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het…”

“Everything is theoretically impossible, until it is done.” - Robert A. Heinlein


“The word impossible is not in my dictionary.” - Napoleon Bonaparte


Die dominee het ‘n groot waarheid in hierdie storietjie aangeraak in die Kerk, Sondag… Die dissipels het NET onmoontlikheid gesien toe hulle moes dink daaraan om die menigte skare kos te gee… Tog het ‘n klein seuntjie sy vissies en broodjies oorhandig aan Jesus en gesê – ek kan nie die skare hiermee kos gee nie, maar Jesus, neem wat ek het, en gebruik dit om deur my te werk… Iets wat ons daagliks kan bely, is dat ons swak is, en nie in staat om alles wat die lewe na my kant toe gooi te hanteer, of die wêreld se probleme op ons eie op te los nie… 2012 sal defnitief sy uitdagings hê, en ons sal defnitief dae hê wat ons onderkry… Maar as ons hierdie seuntjie met die vissies en die broodjies as ons voorbeeld gebruik en sy optrede DAAGLIKS toepas deur te gee vir God wat jy het, kan Hy WONDERWERKE daarmee verrig!!! Laat Hom toe om die onmoontlike in jou lewe, deur Sy kragtige werking, moontlik te maak… Al wat dit van ons vra, is vertroue in ons Almagtige God en om alles wat ons so onderkry, net te “surrender”… God is GROTER as ENIGE iets wat jy op die oomblik of in 2012 gaan moet deurmaak… GLO dit!

Blessings!

No comments: