Tuesday 24 January 2012

Haloes! :)

6) Vriendskap is soos ‘n boek… Dit neem ‘n paar sekondes om ‘n boek te verbrand, maar dit neem jare om te skryf…


Spreuke 27:17

“Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar…”

Prediker 4:9-10

“Twee vaar beter as een… Saam bereik hulle meer… As een mens val, kan die ander hom ophelp, maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie…”

True friendship is like sound health; the value of it is seldom known until it be lost."  - Charles Caleb Colton


A friend is one who walks in when others walk out" -Walter Winchell

Ek is seker elkeen van julle, het al ‘n goeie vriend / vriendin gehad wat jy verloor het… Of dit nou was deur ‘n simpel baklei, of miskien het die vriend / vriendin getrek en het julle kontak verloor, of miskien deur ‘n misverstand, of miskien moes jy iemand aan die dood afstaan… Ek het al gevind dat hierdie aanhaling bitter waar is – “ware vriendskap is soos goeie gesondheid… Mens besef eers die waarde daarvan wanneer jy dit verloor het!”

Vriende, is klein blessings, reg uit God se hand!! Hulle is daar om die lewe ‘n beter plek te maak, maar daar is ook vriende wat jou so seer kan maak, dat jy sukkel om weer te kan vertrou, en mense naby jou toe te laat… Ek dink as ‘n boom kon voel – sou dit vrek seer moes wees elke keer wat ‘n tak afgesny word… Maar as die boom nie gesnoei word nie, sal hy nie kan groei ten einde ‘n groter en sterker boom te word nie… Met vriendskappe en ook verhoudings is dit dieselfde… Mens moet partykeer deur moeilike tye gaan, ten einde ‘n dieper en meer betekenisvolle vriendskap of verhouding te hê!

En ons moet daagliks onthou – ons is maar net nietige, gewone, en sondige mense… Ons GAAN foute maak – dit is ‘n GIVEN! Moet net nie te trots wees om te erken wanneer jy daardie fout gemaak het nie… Sê jammer! MY ma hulle is verlede week 30 jaar getroud… En iets wat hulle my geleer het, is dat mens nooit ‘n dag kwaad moet gaan slaap nie… On sweet nie hoeveel tyd nog aan ons gespaar gaan wees vir hierdie wereld nie… On sweet ook nie wat die dag van môre inhou nie… moet daarom nie ‘n geleentheid laat verbygaan om te sê dat jy jammer is nie… of dat jy lief is vir iemand nie!!! Die lewe is KORT!!! Maak seker dat die mense in jou lewe wee twat hulle vir jou beteken – maak dit ‘n lewenswyse in 2012!! Al verg dit dat jy jouself moet bloostel om moontlik seer te kry – ten minste sal jy kan sê jy het VOLUIT gelewe… Dat jy gewaag het!! God wil jou seen met AWESOME vriende en baie liefde in jou lewe!! Kom voor God met verwagting – laat Hom toe om jou te seen! Ek het een dag die storie gehoor – God seën ons volgens ons verwagting… As jy vir Hom ‘n koffiebeker bring as verwagting – sal Hy dit vul… Maar ook wanneer jy vir Hom die wye oseaan as jou verwagting bring – is daar GEEN einde aan die seën wat Hy vir jou kan hê nie!!

Mag God jou die week – in jou verhoudings, vriendskappe, werk, skool en elke denkbare moontlike situasie, uit jou sokkies seën!  Jy is baie spesiaal! Onthou dit!!! God het jou liewer as wat jy ooit sal weet - al is dit dalk op die oomblik donker rondom jou, en al voel dit of God bietjie van jou vergeet het... Hy het nie!!

psalm 23:4:  "Though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for You are with me..."



blessings!


No comments: