Monday 30 November 2015

“Victory is always possible for the person who refuses to stop fighting.” ~ Napoleon Hill

Haloes! :)

“Victory is always possible for the person who refuses to stop fighting.” ~ Napoleon Hill

Matthew 11:28-29

“Come to me, all who labor and are heavy laden, and I will give you rest. Take my yoke upon you, and learn from me, for I am gentle and lowly in heart, and you will find rest for your souls…”

John 16:33

“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world.”

“The road to success is dotted with many tempting parking places.” ~ Author Unknown

“When obstacles arise, you change your direction to reach your goal, you do not change your decision to get there.” ~ Zig Ziglar

Ek weet nie wie van julle al ‘n elektroniese impliment wat op battery krag kan werk, gebruik het bv ‘n laptop, kamera ens, net vir die item om net 5 minute te werk en daarna die gees te gee nie...  Dis “daardie picture perfect” oomblik en dan kan jy dit nie vasvang op kamera nie, of die aller belangrike taak of aanbieding wat jy moet doen op jou rekenaar, maar die battery lewe laat jou op die mees kritiese oomblik in die steek...    As jy in die genoemde situasies nie toegang het tot vars batterye vir jou kamera, of ‘n kragtoevoer vir jou rekenaar het nie, kan jy nie voortgaan om te laat gebeur wat moet gebeur nie...  Daardie items is waardeloos vir jou, sonder die “iets” wat dit laat werk...

Sonder Jesus wat vir ons aan die kruis gesterf het, is ons ook “waardeloos”...  Ons sou dan ‘n lewe probeer leef het, net om in ‘n graf op te eindig eendag...    Ons sou swaarkry moes verduur, sonder die hoop op ‘n Ewige lewe...  As Jesus in die graf agtergebly het, sou ons ook geen hoop vir môre kon hê nie...   Die feit dat Jesus vir ons gesterf het, het Hy daardeur vir ons nuwe hoop kom gee...  Hy het daardeur vir ons nuwe krag, nuwe hoop en nuwe lewe kom gee vir die dag van môre...    Moenie dat moeilike dinge in die lewe jou so tap, dat jy geen krag het om die dag van môre aan te pak nie...  Maak tyd om by God en Sy woord stil te raak dat Hy weer jou reserwes vir jou sal vul met nuwe krag...   Lewe ‘n lewe van afwagting, want jy kan verseker weet vanoggend – as jy vir Jesus aanvaar het in jou lewe, SAL JOU LEWE NIE by die dood eindig nie...  As Jesus jou Saligmaker, Verlosser en Pa is, sal die lewe hier op aarde net ‘n inleiding tot ‘n ongelooflike lewe("storie") wees...

Raak sommer nou stil by God en laat Hom toe om jou battery te laai voor hierdie nuwe dag begin...  Dat jy nie ‘n pap battery sal hê nog voor hierdie dag begin nie...

Blessings!


Anel xx

No comments: