Tuesday 1 December 2015

“Persistence can change failure into extraordinary achievement.” – Matt Biondi


Haloes! :)

“Persistence can change failure into extraordinary achievement.” – Matt Biondi

Isaiah 40:28-30

“Do you not know? Have you not heard? The LORD is the everlasting God, the Creator of the ends of the earth. He will not grow tired or weary, and his understanding no one can fathom. He gives strength to the weary and increases the power of the weak. Even youths grow tired and weary, and young men stumble and fall; but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you."

“The difference between the impossible and the possible lies in a person’s determination.” – Tommy Lasorda

“My attitude is that if you push me towards a weakness, I will turn that weakness into a strength.” – Michael Jordan

Die enigste iets waaroor mens kan seker wees, is dat dinge konstant verander…  En wanneer mens nie saam met die tye verander nie, kan jy baie vinnig “agter gelaat word…”  As ek kyk na iets so eenvoudig soos ‘n selfoon...  Ek onthou toe ons die eerste selfoon in ons huis gehad het…  Daar was groot opwinding oor DIE FOON wat jy kan gebruik om mee te bel waarookal jy is...  Ek onthou dat ek nog in die Laerskool was en dat ek een aand saam met 2 vriendinne gaan eet het…  My ouers het die selfoon vir my geleen, sodat ek hulle moet bel op die huisfoon wanneer ons ete klaar was, sodat hulle ons kon kom optel... My twee vriendinne was so opgemaak met hierdie situasie, dat hulle skoon teruggesit het, sodat almal in die restaurant kon sien dat ons ‘n selfoon by ons gehad het…   As ek nou kyk na selfone, in vergelyking met 15 jaar gelede, is die verandering so astronomies, dat dit amper onvergelykbaar is!  Jy het ‘n kamera, videokamera en telefoon in een…  Die selfone word amper ontwerp met die doel om vir ENIGE iets gebruik te kan word…  Dit word al hoe meer verander, ten einde ons lewens al hoe makliker te maak…

Verandering het egter ‘n manier om mens bang te maak…  Ek dink nie soseer dat dit die verandering is wat jou bang maak nie, maar eerder die onsekerheid van die situasie , of die onbekendheid van dit wat op jou wag…   Met die lewens “pace” wat ook elke week vir my vinniger voel, dinge wat konstant anders is, jy wat dalk konstant uit jou comfortzone gedwing word, en gekonfronteer word met dinge wat jou “challenge”, en wat jou gedurig karkater laat bou, is daar een iets wat ALTYD dieselfde is – en dit is God…  Sy liefde en genade is ELKE dag vir jou nuut…  Jy hoef nie ‘n kontrak uit te neem, of paaiemente te betaal om Sy liefde en genade in jou lewe te ervaar nie…  Jy het nie ‘n sekere aantal minute wat jy met Hom mag praat in ‘n maand nie…  Dis onbeperk, en GRATIS…  Hy is ENIGE tyd van die dag of nag vir jou beskikbaar, en Hy is net ‘n gebed ver weg…  Miskien is jou vrees tans groter as jou geloof…  Miskien voel jou situasie vir jou ongelooflik deurmekaar, en voel jy op moedverloor se vlakte…  God is GROTER as watookal jy vandag mag face…  Sy krag (wat onbeperk is), is vandag, en ELKE dag vir die res van jou lewe tot jou beskikking – solank as wat jy Hom kies…  Hy het jou al uitgekies nog voordat jou ouers besluit het om jou te hê…  Gee die verandering vir Jesus…  Gee jou onmoontlike situasie oor in Sy hande…  HY sal sorg…

Blessings!


Anel xx

No comments: