Monday 9 November 2015

“Hardships often prepare ordinary people for an extra-ordinary destiny…” – C S Lewis

Haloes! :)

“Hardships often prepare ordinary people for an extra-ordinary destiny…” – C S Lewis

Psalms 66:17-20

“I cried to him with my mouth, and high praise was on my tongue. If I had cherished iniquity in my heart, the Lord would not have listened. But truly God has listened; he has attended to the voice of my prayer. Blessed be God, because he has not rejected my prayer or removed his steadfast love from me!”

Psalms 146:5-6

“Blessed is he whose help is the God of Jacob, whose hope is in the LORD his God, who made heaven and earth,  the sea, and all that is in them, who keeps faith forever…”

“See, when you drive home today, you’ve got a big windshield on the front of your car. And you’ve got a little bitty rearview mirror. And the reason the windshield is so large and the rearview mirror is so small is because what’s happened in your past is not near as important as what’s in your future.” – Joel Osteen

“Quit beating yourself up… You are not a finished product, you are still a work in progress…” – Joel Osteen

Prioriteite… Kom ons wees eerlik, die lewe is een groot gejaagd! Werk is BAIE, en as mens nie ‘n plan of ‘n proses het hoe ons werk nie, kan ons DAE ongelooflik besig wees en ons kan steeds niks uitrig nie. Dis ook BAIE keer baie makliker om die dinge te doen waarin ons goed is, of dinge wat ons weet wat om te verwag, of watookal van ons verwag word, as die dinge wat vir ons moeilik lyk. Dis baie keer makliker om die moeilikhede uit te stel – vir “later”… Later, raak gewoonlik nog later, en dan partykeer word dit nooit gedoen nie, OF dit het ‘n sneeubal effek, en raak ons so oorweldig, dat die lewe net ‘n blur raak, en die werk AL word wat bestaan…

BALANS… Dis vir my ‘n ONGELOOFLIKE belangrike woordjie wanneer dit by werk kom. Ons werk of swottings raak partykeer AL waarvoor ons lewe… Ons geestelike lewe ly daaronder, ons geliefdes ly daaronder, en belangriker – ONS ly daaronder. Wanneer mens in die “rat-race” vasgevang word, word dit moeilik om perspektief te kry, en te besef dat ons ‘n tree moet terugneem, en dat ons moet sorg dat ons ‘n gesonde balans handhaaf. Onthou – NIEMAND is onvervangbaar in ‘n werksposisie nie. Jy kan hoe goed wees, en ALLES vir jou firma gegee het. Iemand anders kan ook opgelei word om jou werk te kan verrig… Ek het grusame stories al gehoor van mense wat 30+jaar van hulle lewe gegee het vir ‘n firma, net om te hoor dat daar herstrukturerings is, en hulle diens nie meer nodig is nie… In familielewens, is daar egter net 1 soos jy…

Ons moet ons beste gee by die werk of in ons swottings – want as Jesus by die werk of by jou lessenaar langs jou staan, moet jy Hom trots maak oor hoe jy jou dagtaak verrig. MAAR – daar moet geleer word hoe om balans te handhaaf tussen jou werk, geestelike lewe, persoonlike lewe ens. As jy nie vir jou ‘n ritme gaan kry om balans te handhaaf nie, gaan jou werk jou lewe raak. God kan daardie balans in jou lewe sit. BID, en plaas vir God eerste… Wanneer ons, ons dae met Hom begin, sal die res sommer net in plek val :)

Blessings!

Anelxx  


No comments: