Sunday 8 November 2015

“God’s plan for your life, far exceed the circumstances of your day…” – Louie Giglio

Haloes! J

“God’s plan for your life, far exceed the circumstances of your day…” – Louie Giglio

1 John 4:4

“The Lord is greater than the giants you face…”

Psalm 34:17

“When the righteous cry for help, the LORD hears and delivers them out of all their troubles…”

“Difficult roads, often lead to beautiful destinations…” – Author Unknown

“It is only in our darkest hours that we may discover the true strength of the brilliant light within ourselves that can never, ever, be dimmed.” – Doe Zantamata

As ek jou vandag voor die volgende uitdaging stel, watter uitweg sal jy kies...  Ons speel ‘n speletjie, ten einde groot pryse te wen...  JOU KEUSE:  1.  Jy kan deel vorm van ‘n span wat groot risiko’s loop, maar vir die groot risiko is daar VERSEKERDE GROOT en lewensveranderende belonings, of 2.  Jy kan in die span wees wat bietjie risiko loop, en klein belonings ontvang, of 3.  Jy kan deel vorm van die groep wat die toeskouers is van die spel, en daarmee saam geen risiko loop nie...

Risiko is ‘n woordjie wat baie mense klaar benoud maak nog voor hulle die feite oorweeg het, of die reëls van die spel gelees het...  Risiko is egter iets wat so onlosmaaklik deel is van ons lewens – dis in alles wat ons aanpak...  Met elke besluit wat ons neem, loop ons die risiko dat dit die verkeerde besluit kan wees, en dat ons sodoende skade daardeur kan lei...  My een dosent op Universiteit het altyd gesê:  “How bigger the risk, how greater the reward...”  Dis dieselfde met die lewe...  Al hoe ons die lewe voluit kan lewe, is om besluite te maak...  Jy sal nêrens kom deur op die kantlyn te sit, en te wag dat iemand anders die “calls” vir jou maak nie...  Om die lewe te leef, beteken om dinge te ervaar!  As jy ‘n toeskouer is, sal jy kan sien hoe ander die spel of omstandighede ervaar, maar jy sal nie self daardie gevoel van oorwinning, of teleurstelling in jou binneste kan voel nie...  Wanneer jy jou besluite neem, deur te bid en God se wil daarvoor te vra, het jy reeds ‘n “buffer” om die risiko te verminder, as dinge nie volgens plan verloop nie...

God belowe in Jakobus 1:5 om aan jou die wysheid te gee om besluite te neem wat volgens Sy wil is, as jy Hom vra daarvoor...  Moenie te bang wees om die verkeerde besluit te neem, dat jy op die ou end, geen besluit neem nie...  Moet ook nie net die opinie van die meerderheid volg omdat jy nie weet wat jy moet doen nie...   AS jy nie weet wat om te doen nie, BID, BID en BID...  As jy op jou knieë bly, SAL God antwoord...  Jy moet net geduldig wees en wag tot jy jou antwoord kry...    Moenie jou lewe deur ander mense se lewens probeer lei nie...  Neem jou eie besluite, maak jou eie geleenthede, en ervaar jou eie oorwinnings...  Kies om risiko te loop, met God wat jou hand vashou – die hele pad...

Blessings!

Anel xx



No comments: