Thursday 12 November 2015

“In difficult times, we’re not supposed to quit believing; we’re not supposed to quit growing.” – Joel Osteen

Haloes! :)

“In difficult times, we’re not supposed to quit believing; we’re not supposed to quit growing.”  – Joel Osteen

Romans 8:28

“And we know that for those who love God all things work together for good, for those who are called according to his purpose…”

Psalms 66:17-20

“I cried to him with my mouth, and high praise was on my tongue. If I had cherished iniquity in my heart, the Lord would not have listened. But truly God has listened; he has attended to the voice of my prayer. Blessed be God, because he has not rejected my prayer or removed his steadfast love from me!”

“Life is either a great adventure or nothing…” - Helen Keller


Character cannot be developed in ease and quiet. Only through experience of trial and suffering can the soul be strengthened, ambition inspired, and success achieved…” - Helen Keller

Het jou lewe al tot sy volle reg gekom, of is jy nog nie lekker seker waar jy inpas of waar jy van invloed kan wees nie?  Ek dink ons sal ‘n leeftyd kan gaan, sonder om te weet wat God se wil vir ons lewens is, as ons nie voortdurend bid daarvoor nie...  God kies gewone mense – soos ek en jy om Sy wil te laat geskied...  Toe Jesus gebore is, is Hy gebore in ‘n GEWONE gesin...   Sy pa, Josef, was ‘n vakman, ‘n doodgewone mens, met ‘n doodgewone werk, wat gebruik is om ‘n ONGEWONE, ONGELOOFLIK SPESIALE BABA, se pa te wees...

Dis dieselfde met ons...  God het ons lief, NES ons is...  Hy het ELKEEN van ons gemaak, SODAT Hy vir ons kan lief wees, en sodat ons ‘n DOEL in Sy koninkryk kan hê...  Sommige van ons sal die doel al vroeg in ons lewens raaksien en besef, terwyl dit vir ander mense dalk ‘n bietjie langer kan neem...  Die belangrikste om te onthou, is dat daar vir elkeen ‘n plekkie in die Koninkryk is...  Jy hoef nie ‘n buitengewone wese te wees, om ‘n plekkie in God se plan te hê nie...  Jy moet net bereid wees om te kom, NES jy is, en om jou oop te stel vir God se wil in jou lewe...

Baie van ons is met sulke sterk WILLE gebore, dat ons partykeer vergeet om te bid vir God se wil in ons lewens...  Ons het ‘n idee in ons kop, en ons wil hê, dat dinge moet gebeur soos daardie idee is wat ons het...  Wanneer dit nie gebeur soos ons wil nie, raak ons kwaad, seergemaak en moeg vir die lewe...   As ons met elke besluit wat ons neem, onthou dat God daar is, en dat Hy ons wil lei op die pad om uiteindelik Sy wil en Sy doel vir ons te vervolmaak, kan ons nie kwaad of seergemaak, of moeg vir die lewe word nie...  God sal dan SORG dat Sy wil geskied, en ek belowe jou, die SEën wat jy daaruit ontvang, sal so groot wees, dat jy nie eens sal kan dink aan die teleurstellings van jou eie drome wat nie realiseer nie...  Want God se drome vir jou lewe, is groter as wat jy OOIT vir jouself sal kan droom...  Bly op jou knieë en bid vir God se wil in jou lewe...

Blessings!


Anel xx

No comments: