Haloes! :)
“Courage is resistance to fear, mastery of fear - not absence of fear.” ― Mark Twain
Psalm 31:4
“Be of good courage, and it shall strengthen your heart, all you who hope in the Lord…”
Philippians 4:7
“The peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds in Christ Jesus… “
“For what it’s worth: it’s never too late or, in my case, too early to be whoever you want to be. There’s no time limit, stop whenever you want. You can change or stay the same, there are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. And I hope you see things that startle you. I hope you feel things you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life you’re proud of. If you find that you’re not, I hope you have the courage to start all over again.” ― Eric Roth, The Curious Case of Benjamin Button screenplay
“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C
Dis nooit te laat nie… As jy jou lewe vandag in oënskou moet neem – het dit tot dusver gegaan soos jy beplan het? Gehoop het? Of miskien het dit dalk beter uitgedraai as wat jy gedink het moontlik is… Miskien is die teenoorgestelde waar… Miskien het jy nou ‘n tyd lank deur rowwe waters beweeg, en voel dit of die houe wat die see aan jou lewensbootjie toegedien het, te erg is om van te kan herstel…
Hoekom dink jy is daar 24 uur in ‘n dag? Want God het geweet toe Hy ons geskape het, dat ons beperkte krag het, en dat ons die lewe in stukkies moet aanpak… Om ‘n dag te kan aanpak, met al sy uitdagings, het jy die volgende nodig: 1. Tyd saam met Jesus, 2. Genoeg slaap, 3. Krag vir die dag, 4. Kos om te eet, 5. ‘n Wil of ‘n doel voor oë om hard te werk… 6. Oefening… Die geheim lê in die woordjie BALANS… God het 6 dae gewerk en die 7e gerus… Tog, voel dit vir my asof die lewe teen so ‘n spoed hardloop, dat dit voel asof ons 7 uit die 7 dae moet werk… Ons sny dinge uit ons lewens wat belangrik is, ten einde meer tyd te maak vir die onbelangrike… Dis nooit te laat nie… God gee aan ons elke liewe oggend, nuwe genade om die nuwe dag aan te pak… Nuwe krag, en nuwe hoop, dat ons diedeurbrake sal smaak waarop ons hoop… Miskien is daar iemand vir wie jy moet jammer sê… Miskien is daar ‘n vriendskap of verhouding wat jy nog kan red, deur te PROBEER… Sit vir God eerste in jou verhouding of vriendskap, werk, uitdagings, siekte, finansies… Wanneer God in Sy plek is – naamlik nommer 1 in jou lewe, kan die ander dinge nie anders as om in plek te val nie… Hy sal daarvoor sorg… Moenie kosbare tyd mors op onbenullighede nie… Maak seker dat jy sê wat jy nodig het om te sê, terwyl jy nog die tyd daarvoor het… Terwyl jy nog asem in jou longe het, is jou doel op hierdie aarde nog nie uitgeleef nie… Dis NOOIT te laat nie…
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment