Sunday 1 November 2015

“God doesn’t tell you every step you will take, but He promises to see you through to the other side…” - Pastor Matthew Hagee

Haloes! :)

“God doesn’t tell you every step you will take, but He promises to see you through to the other side…” - Pastor Matthew Hagee

James 1:16-18

"Don’t be deceived, my dear brothers and sisters. Every good and perfect gift is from above, coming down from the Father of the heavenly lights, who does not change like shifting shadows. He chose to give us birth through the word of truth, that we might be a kind of firstfruits of all he created..."

Jeremiah 32:17

“Ah, Sovereign LORD, you have made the heavens and the earth by your great power and outstretched arm…  Nothing is too great for you…

“Faith is the bridge between where I am and the place God is taking me…” - Unknown 

“When you are out of answers, He is the answer…” - Pastor Matthew Hagee

Nina Smit het gene - Elke mens het ‘n droom nodig om hom op sy tone te hou, om hom na die toekoms te laat uitsien, om hom te laat ontdek dat daar niks is wat werklik of onmoontlik nie...  Sagaria 4:6 sê die volgende:  “Dit sal nie help dat jy op jou eie krag staatmaak nie...  Dit is die Gees van die Here wat jou sukses (of deurbrake) sal gee...”  Ek dink baie keer probeer ons God se werk vir Hom doen...  Ons doen dit deur bekommerd te wees oor ons lewens...  Wat ons sal eet, en aantrek...  Waar ons sal werk kry, of wat met ons geliefdes gebeur...  Wat as ek nooit ‘n lewensmaat kry nie?  Ek is vasgevang in ‘n depressie waar ek nie kan uitkom nie, ek het oneindige finansiele moeilikheid of my siekte is ongeneeslik en ek weet nie watter kant toe nie...  Al hierdie dinge veroorsaak dat ons ophou droom, en sodoende partykeer ophou om te word wie God ons bestem het om te wees...

Sagaria 4:6 gee ons ‘n belofte...  ‘n Belofte dat die Gees sal sorg vir sukses...  Ek wil dit verwoord as deurbrake...  Deurbrake wat antwoorde op gebede sal wees...  Ek het eenkeer so ‘n mooi sê ding gehoor wat sê – ons kom sit alles by God se voete neer terwyl ons bid, en dan wanneer ons klaar gebid het, tel ons dit weer op, om verder saam te dra...  Die feit dat Jesus in beheer is van ons lewens, beteken dat Hy na MY EN JOU sal kyk...  Hy het die onmoontlike gedoen deur Sy seun uit die dood op te wek...  Ek dink dus nie, dat Hy ons hulp met enige iets nodig het nie...  Al wat Hy van ons nodig het, is dat wanneer ons met Hom gepraat het, ons sal “let go” en weet dat Hy verder sal sorg...  

Drome, gee ons iets om voor te werk...  Iets om voor te lewe, en iets om na uit te sien...  Wanneer ons met moeilikhede gekonfronteer word, kan ons nie ophou lewe nie...  Wanneer ons ophou lewe, gee ons dieprobleme die oorwinning...  Nee, ons moet daagliks iets kry om na te strewe...  NIKS is vir jou Pappa onmoontlik nie...  Daardie woord bestaan nie in Sy woordeskat nie, maar ek dink dis een wat die duiwel gereeld gebruik om ons mee aan te val...  Hy sal jou wysmaak dat jy nooit deurbrake sal hê nie, dat jy nie goed genoeg is nie...  Dat niemand jou liefhet, of net al jou slegpunte aan jou uitwys...  Of dat finansiele deurbrake nie moontlik is nie...  Of dat siekte ongeneeslik is nie...  Vir God is niks, maar niks onmoontlik nie...  Moenie die leuens van die idioot glo wat reeds baie lank gelede verloor het, toe Jesus hom oorwin het aan die kruis nie...  JOU God leef!  En jy kan ENIGE droom – hoe groot ook al, deur SY krag bewaarheid...  Laat God toe, deur jou bereidwillige hart, om jou te seën met die mooiste dinge waaroor jy nog net kon droom...

Blessings!
 
anel xx

No comments: