Thursday 19 November 2015

“Without the Way there is no going, without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living…” ~ Thomas A Kempis



Haloes! :)

“Without the Way there is no going, without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living…” ~ Thomas A Kempis

Romeine 8:28

“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk, vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe…”

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you, declares the Lord… Plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future…”

“Life, I’ve learned, is never fair… If they teach anything in schools, that should be it…” ~ Nicholas Sparks

“In the end, you should always do the right thing, even if it’s hard…” ~ Nicholas Sparks

Thomas A Kempis slaan vandag vir my die spyker op die kop… Om jou lewe voluit te kan lewe, om jou drome na te jaag en om vorentoe te kan beweeg, is daar 3 dinge nodig: Jy moet weet waarheen jy oppad is / wat jou doelwitte of drome is… Ons moet die Waarheid (vir God) ken, om te kan onderskei tussen wat reg en verkeerd is, en ons het LEWE nodig (asem in jou longe) om te kan LEWE :) As jy vir Jesus in jou lewe het, kan jy AL hierdie dinge in oorvloed hê, want deurdat Hy vir ons kom sterf het aan die Kruis, het Hy vir ons die weg, die waarheid en die lewe kom gee… En in oorvloed! Ons hoef nie te vrees om eendag dood te gaan nie, want ons het deur Jesus se kruisdood die Ewige lewe ontvang…

Ek het nou die dag ‘n aanhaling gelees –If it is important to you, you will find a way… If not, you will find an excuse… Ek ken nie jou situasie nie… Ek weet nie waarmee jy tans worstel of wat jou bang maak nie… Feit is, elkeen van ons gaan somtyds deur moeilike tye… Elkeen van ons wens partykeer dat ons meer krag gehad het om die moeilikhede te kan face… Al hoe mens uit moeilike tye kom, is om deur te druk… Om te volhard!!

Trek is nooit maklik nie...  Daar is die fisiese werk, maar ook die emosionele pyn van verandering...  Ek onthou toe ek getrek het hoe my arms op ’n stadium gevoel het of dit gaan afbreek! Ek het letterlik GEEN krag meer in my gehad nie, maar ek kon nie iets neersit nie of iets laat gaan nie, want van die goed kon breek… Ek moes vir myself klein doelwitte stel van –stap nog net tot by daardie punt, dan kan jy 5 sekondes rus… Ek het geweet dat as ek sou ophou, sou ek dalk net daar aan die slaap raak van moegheid J Ek weet nie of dit dalk jy vandag is nie? Jy hou aan met hardloop, want jy weet, as jy sou ophou, sal jy dalk nie weer aan die gang kan kom nie… Of dat jy net nie fisies die krag sal kan he om aan te gaan nie… Wees sterk in God –laat Hom toe om die swaar van jou situasie op Hom te neem… Moenie so swaar probeer dra aan al die dinge wat tans in jou lewe is nie – laat God toe om jou te help! Hy sal jou petroltenk kom vul met dit wat jy nodig het om te kan volhard! Vind jou krag in Hom... Hy het jou nie verlaat in hierdie moeilike tyd wat jy deurmaak nie... HY is steeds langs jou, en Hy sal sorg dat jy sterker aan die ander kant uitkom, sodat jy weer vir mense wat soortgelyke moeilikheid moet deurmaak, te kan bemoedig... Ek wil jou Josua 1:9 vanoggend gee... "Solank jy lewe sal niemand teen jou bestand wees nie... Soos ek by Moses was, so sal Ek by jou wees... Ek sal jou NOOIT verlaat nie, jou NOOIT in die steek laat nie..."

Blessings!

Anelxx
 

No comments: