Wednesday 4 November 2015

"Keep your head up... God gives his hardest battles to His strongest soldiers..." - Unknown

Haloes! :)

"Keep your head up... God gives his hardest battles to His strongest soldiers..." - Unknown

Exodus 16:11

"The Lord said to Moses,  “I have heard the grumbling of the Israelites. Tell them, ‘At twilight you will eat meat, and in the morning you will be filled with bread. Then you will know that I am the Lord your God.  That evening quail came and covered the camp, and in the morning there was a layer of dew around the camp..."
Exodus 16:4
"Then the Lord said to Moses, “I will rain down bread from heaven for you. The people are to go out each day and gather enough for that day. In this way I will test them and see whether they will follow my instructions..."

“Een dag op ‘n slag...

“In Eksodus 16 lees ons dat toe die Israeliete se kos opgeraak het, God vir hulle Hemelse manna gegee het...   Maar daar was net genoeg kos vir een dag op ‘n slag, behalwe vir die Sabbat.  Daar was altyd hemelse kos op hulle voorstoep, maar hulle moes dit elke dag gaan optel, genoeg vir die behoeftes van elke dag.  God het vir die Israeliete gesorg in daaglikse porsies.  Teen die tempo van 24uur op ‘n keer het Hy hemelse brood aan sy kinders gegee.  Hy doen dit vandag nog.  Daarom moet ons die lewe nie te ver vooruit probeer leef nie.  

Jakobus 4 leer ons om eerder oor die dag van môre te sê: ‘As God wil en ons leef, sal ons dit of dat doen!’  God gee lewe in daaglikse stukkies genade weg.  Geniet vandag se porsie en moet nie nou al wonder waar môre of volgende week s’n vandaan gaan kom nie.  Dit is energievermorsing, maar dit is ook ‘n mosie van wantroue in God.  As Hy wil en ons leef môre of volgende week, sal sy hemelse porsie of genade vanoggend weer op ons lewe se voorstoep staan.  Wanneer ons die lewe in koubare porsies van 24uur op ‘n slag leef, kan ons die Here se goedheid in elke vandag ontdek...  Dan raak môre minder belangrik...”  ~ Vanuit die Geloof in Aksie Bybel (Eksodus 16)

Hierdie bostaande stukkie is ONGELOOFLIK vir my gewees, en dis hoekom ek dit net met julle moes deel...   Daar is so baie keer, soveel dinge wat ons wil hê, maar ons wil dit op ons tyd hê, en ons wil dit hê, ongeag of dit God se wil vir ons lewens is...  God weet wat die BESTE vir jou sal wees – en as Hy jou nie gee wat jy wil hê nie, sal Hy jou iets VEEL beters gee...  Ek weet nie waar jy jouself vanoggend bevind nie – of daar soveel onsekerheid is oor wat die dag van môre vir jou kan inhou nie...  Indien dit jy is – hoop ek hierdie stukkie vanuit die Geloof in Aksie Bybel sal jou vanoggend hoop gee...  Dat jy vanoggend sal rus in die wete dat God ELKE dag vir jou sal sorg...  Dat Hy jou elke dag genoeg genade sal gee om alles wat VANDAG oor jou pad kom, te kan hanteer...  Moenie môre al vandag probeer leef nie...  EN moenie dat geleenthede by jou verbygaan, omdat jy te bang is nie...  Gryp die geleenthede, want ek glo werklik, dis blessings uit God se hand – en dit is op die ou end HOE om Sy wil vir jou lewe te vervolmaak...  As Hy kos kon laat reen, elke dag - en ook genoeg om in AL die Israeliete se behoeftes te voorsien (niemand was honger nie - daar was genoeg vir almal), kan jy VERSEKER weet dat HY weet wat jy nodig het, hoe jy dit nodig het en in watter hoeveelheid jy dit nodig het...  Hy sal voorsien!  Wag net op God en moenie probeer om SELF die oplossings te vind en te voorsien nie...  Bid, en gee oor aan jou Pappa...  Hy WIL vir jou sorg...
 
Ek hoop jy sal 'n PRAGTIGE dag vandag he!  Besaai met blessings, reg uit ons Pa se hand...

Blessings!

Anel xx

No comments: