Sunday 15 November 2015

“The Lord is greater than the giants you face…” – 1 John 4:4

Haloes! :)

“The Lord is greater than the giants you face…” – 1 John 4:4

Lamentations 3:54-57 New International Version (NIV)

“the waters closed over my head, and I thought I was about to perish. I called on your name, Lord, from the depths of the pit. You heard my plea: “Do not close your ears to my cry for relief.” You came near when I called you, and you said, “Do not fear.”

Hebrews 13:5

“Never will I leave you; never will I forsake you.

“I wanted a perfect ending. Now I've learned, the hard way, that some poems don't rhyme, and some stories don't have a clear beginning, middle, and end. Life is about not knowing, having to change, taking the moment and making the best of it, without knowing what's going to happen next.
Delicious Ambiguity.” ― Gilda Radner

“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” - Aristotle

Sukkel jy om te bid?  Is jou situasie dalk so oorweldigend dat jy net nie meer die woorde kan vind nie?  Is swaarkry al waarmee jy gekonfronteer word?  Weet jy nie meer watter kant toe nie?  Wanneer dinge so moeilik word, is daar altyd een iemand aan wie ek dink - Jesus...  Ek probeer my indink aan hoe Hy moes voel toe Hy geweet het dat Hy gekruisig sou word...

Daar is baie keer soveel dinge wat ons bang maak.  Dis baie dikwels - die onbekende...  Omdat ons nie weet wat vir ons wag nie, kan een van die dinge wees wat daartoe lei dat ons die toekoms vrees...  So deurmekaar soos die wereld op die oomblik is (Parys se ongelooflike pyn die afgelope naweek - as een voorbeeld), is onsekerheid verseker aan die orde van die dag...   Swaarkry is iets wat deel gaan wees van ons lewens, totdat ons eendag by God in die hemel is...  Dit kan dus iets wees wat ons "tolerate", of vrees,  of iets wees wat ons daagliks soos 'n uitdaging aanpak...  Goeie nuus is - nadat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, het Hy ons daardeur verseker dat ons NOOIT so seer / swaar sal hoef te kry nie - want Hy het dit reeds op Homself geneem.  Ook, het Hy nie in die graf gebly nie - Hy het die dood oorwin, sodat ons nie die dood hoef te vrees nie.  Hy is DAAGLIKS by ons, en Sy genade is elke oggend nuut...  Ons GELOOF kan Hy ook ELKE dag nuut maak, sodat ons nie moeilikheid, probleme of swaarkry sal vrees nie...  Dit kan Hy slegs doen wanneer ons, ons vertroue in Hom stel, met Hom praat en sommer net vertel wat ons bang maak...

God hoor egter die gebede wat in jou hart vassit - probleme of seer in jou hart wat jy nie hardop kan bespreek nie - Hy hoor dit, en HY verstaan dit.  Maak nie saak WAT jy al gedoen het, of wat jy nog GAAN doen nie - Hy het jou lief - nes jy is...  Dis hoekom Hy SY lewe, gegee het, sodat jy JOUNE ten volle kan geniet en lewe...  Moenie bang wees vir die "wat-asse" van die lewe nie...  Jy kan weet - jou God is daar, en NIKS, maar NIKS is TE GROOT, om deur Sy genade en liefde aan te pak nie... Lukas 1:37 sê: NIKS is vir God onmoontlik nie.  Selfs al voel dit vir jou - hier is GEEN manier hier uit nie - God spesialiseer daarin om paaie en uitwegte te maak, waar daar niks is nie...  Vertrou net - sit jou hand in Syne, en kyk hoe Hy vir jou die oorwinning bring...


blessings!

Anel xx

PS - Kom ons dra spesiaal almal op wat die naweek in hartseer gedompel is...  Vir die families wat geliefdes verloor het, mense wat se lewe in 'n oogwink verander is...  Bid dat God hulle sal voorsien van rustigheid, vrede wat alle verstand te bowe gaan en dat God hulle sal troos en heelmaak...  Amen

No comments: