Thursday 9 October 2014

“What matters is not the duration of your life, but the donation of it… Not how long you lived, but how you lived…” ~ Rick Warren

Haloes! J

“What matters is not the duration of your life, but the donation of it…  Not how long you lived, but how you lived…” ~ Rick Warren

Psalm 118:5-6

“In my anguish I cried to the LORD, and he answered by setting me free.  The LORD is with me; I will not be afraid. What can man do to me?”

Isaiah 40:31

“but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”

“To make a difference in someone’s life, you don’t have to be brilliant, rich, beautiful or perfect…  You just have to care enough and be there…” ~ Unknown

“The brick walls are there for a reason. The brick walls are not there to keep us out. The brick walls are there to give us a chance to show how badly we want something. Because the brick walls are there to stop the people who don’t want it badly enough. They’re there to stop the other people.” ― Randy Pausch

LIEFDE…  ‘n Ses letter woord, maar dis tog iets waarmee baie van ons op ‘n daaglikse grondslag sukkel…  As ons kyk na die definisie van liefde in 1 Korintiërs 13 is dit alles dinge wat redelik maklik lyk om te doen – geduld teenoor ons naaste, geduld om te wag op God, soos Hy op ons wag…  Om daagliks vriendelik te wees met die mense wat oor ons pad kom…  Vir ‘n vreemdeling te glimlag…  Om die geelbaadjie te bêre en die mense rondom ons geluk te gun!  Om nie jou eie beuel te blaas nie, om nie vol van jouself te wees nie…  Om humble te wees en partykeer ander se belange bo jou eie te stel…  Give and take (soos enige verhouding maar is)…  Hartseer wees oor die onreg in die wêreld en bly te wees wanneer die waarheid seëvier…  Een van my gunstelinge J  om stil te bly oor ander se foute, en om ALTYD aan te hou, uit te hou, en HOOP te hê, maak nie saak WAT nie!

Hoe kan ek al hierdie dinge daagliks doen?  Dis erg moeilik!!  Mens raak so maklik kwaad as dit lyk of ander mense nie dieselfde trails as jy moet deurmaak nie…  AS dit lyk of dinge net in hul skoot val, en hulle nie so hard soos jy hoef te werk nie…  Wanneer mense deur oneerlike maniere bo uitkom, en jy partykeer ‘n langer pad moet stap omdat jy die eerbare pad loop…  Of as ons kwaad raak, is dit partykeer moeilik om nie ander mense se foute voor hul kop te gooi nie…  Om eerder stil te bly en die vrede te bewaar…  God weet wat Hy vir ELKEEN van ons uitgesit het…  Hy sal sorg dat JOU regmatige deel jou toeval…  JY moet net jou vertroue in Hom stel, en GLO dat DIT wat Hy jou beloof het, vir jou so sal wees…  God se hoofopdrag vir ons lewe, is dat ons, ons medemens en God moet liefhê…  Met die tipe liefde wat HY vir ons gehad het, toe Hy Sy Seun gegee het, om aan ‘n Houtkruis te sterwe…  Al hoe ons die bogenoemde kan regkry is deur Jesus wat ons verander, die dag wat ons Hom aanneem as ons verlosser, en deur voortdurende gebed…  My gebed vir jou vandag is dat jy Sy liefde, wat ALLES oorweldig sal ervaar in hierdie jaar, maar ook ‘n liefde vir jou naaste sal ontwikkel wat ALLE verstand te bowe gaan…  Dat jy die mense wat jou lastig val en irriteer, die mense wat bedel, die mense wat jou beskinder sal liefhê soos Jesus jou liefhet…
 
blessings!
 
anel xx

No comments: