Friday 17 October 2014

“Trust in His timing as you rely on HIS promises… Wait for His answer and don’t stop believing in His miracles… For it is in His goodness, where you can rest in His presence…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Trust in His timing as you rely on HIS promises…  Wait for His answer and don’t stop believing in His miracles…  For it is in His goodness, where you can rest in His presence…” ~ Unknown
 
James 1:17 
 
“Every good gift and every perfect gift is from above, coming down from the Father of lights with whom there is no variation or shadow due to change…”
 
1 Corinthians 1:3-7 
 
“Grace to you and peace from God our Father and the Lord Jesus Christ. I give thanks to my God always for you because of the grace of God that was given you in Christ Jesus, that in every way you were enriched in him in all speech and all knowledge— even as the testimony about Christ was confirmed among you— so that you are not lacking in any spiritual gift, as you wait for the revealing of our Lord Jesus Christ…”
 
“I can't change the direction of the wind, but I can adjust my sails to always reach my destination…” ~ Jimmy Dean
 
“Nothing is impossible, the word itself says 'I'm possible'!” ~ Audrey Hepburn
 
“Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was om die regte prys te betaal.  Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal en het die hele bose lot daar gelê: Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyandskap, woede, en al die ander bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys.  Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap gelê wat duidelik al baie gebruik was. Dit het 'n prys gehad wat baie hoër was as al die ander.  Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid. Nou waarom is dit dan so duur, wou die persoon weet. Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel gesê. Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander gereedskapstukke nie.  En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas. Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens. Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.  Al wat ek kan sê is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie. Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die vooraand van Sy kruisiging sê Jesus vir Sy dissipels in Johannes 16:33: In die wêreld sal julle verdrukking hê, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld klaar oorwin.
  
Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor. Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wêreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur. Dan wil ons niks meer met God te doen hê nie. Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is. Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid, wanneer ons met die hande in die hare sal sit en uitroep, Here waarom? Here, waarheen nou? Here, ek kan nie meer nie.  Dit is waarom Hy vir ons vandag sê, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie. Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg is nie. Ek is hier en Ek het die wêreld reeds oorwin.  Hy het alreeds die oorwinning vir jou behaal aan die kruis. Hy het alreeds jou smart, jou lyding, jou swaarkry, jou probleme, jou bekommernisse op Hom geneem en die prys daarvoor betaal.  Daar is hoop vir jou, want Hy lewe! Roep Hom vandag aan en Hy sal jou laste opneem. Hou net goeie moed!  ”Here, help ons om nooit mismoedig te word nie!”
 
John 16:33 is een van my gunsteling stukke in die Bybel…  God het die wêreld klaar oorwin, so maak nie saak hoe donker, of hoe moeilik dinge in jou lewe is nie – ons kan rus in die wete dat God groter is…  Ek dink dis WERKLIK 'n boodskap van Bo...  God is by jou…  Hy sal jou swaarkry nie vir ewig laat aangaan nie...  HY is by jou, elke oomblik van elke dag en Hy is net 'n gebed ver...  Moenie die duiwel toelaat om jou gedagtes te beheer deur jou mismoedig te maak nie...  Jy is KOSBAAR en SUPER spesiaal!
 
blessings!
 
Anel xx

No comments: