Sunday 12 October 2014

“Be grateful for everything… Even the hard days have value…” ~ Pastor Matthew Hagee

Haloes! J

“Be grateful for everything…  Even the hard days have value…” ~ Pastor Matthew Hagee

Psalm 91:11 

“For he will command his angels concerning you to guard you in all your ways…”

James 1:12 

“Blessed is the man who remains steadfast under trial, for when he has stood the test he will receive the crown of life, which God has promised to those who love him…”

“God’s power has given us everything we need to live an amazing godly life…” ~ Joyce Meyer

“Live with confidence knowing that tomorrow is going to be a wonderful day, because of God’s grace…” ~ Pastor John Hagee

Job is vir ons ‘n voorbeeld van iemand wat volhard het...  Deur die slegte tye, deur die tye wat hy nie vir God in sy lewe kon sien of ervaar nie...  Job het ALLES verloor – sy besittings, sy kinders, sy gesondheid en tog het hy getrou gebly...  Hy het bly hoop, en bly vertrou en God het Hom geseën met meer skatte as wat hy voorheen gehad het!  God het gesien dat Job sy vertroue en hoop op Hom gevestig het...  Job is vir my en jou ‘n voorbeeld van wat volharding is...  Dis partykeer baie moeilik, en ek dink iets waarmee mens baie keer worstel is die feit dat dit lyk of mense wat nie glo nie, nie soveel moeilikheid en “trials” moet deurgaan soos die van ons wat wel glo nie...   God sal daardie mense oordeel wanneer die oordeelsdag kom... 

Ek dink baie van ons kan assosieer of was al in situasies soos ‘n super donker nag wanneer mense vir wie jy omgee, nie daar is wanneer jy hulle nodig het nie of mense wat uitstap wanneer probleme, hartseer of moeilikheid by die voordeur instap.  Ek dink baie keer, mens leerken werklik jou vriende in tye van swaarkry en tye van geluk...  Die wat vir jou daar kan wees wanneer jy nie meer weet watter kant toe nie, of wanneer jy sommer net moeilike dinge “face”...   Dat jy kan weet – ek kan werklik staatmaak dat vriend X vir my bid...  Of sommer net daar sal wees as ek bel of ‘n boodskap stuur... Maar ook mense wat vir jou kan bly wees wanneer die wiel draai, en goeie dinge jou kant toe kom...  Dis iets wat Job ook nie gehad het nie...  MAAR Job het geweet deur ALLES, dat Hy vir God het...  Al sien Hy hom nie, en al voel hy hom nie...

Dis wat ek wil hê jy vandag moet onthou – jy het vir God...  In die donkerste nag, of die moeilikste dag – kan jy rus in die wete dat jy dit nie alleen hoef te face nie...  As mense jou seermaak en net in die steek laat – kan jy weet dat jou Pa daar is...  Hy sal jou deur die donkerste nag kry, tot in die helder lig van die pragtigste sonskyndag...  As jy volhard deur die moeilike, jou vertroue in God stel en net hoop op God – deurdat jy glo dat Hy sal sorg – SAL Hy...  Hy sal jou seën soos Hy vir Job geseën het - wanneer jy volhard...

Blessings!

Anel xx

No comments: