Wednesday 15 October 2014

“The number one skill in life is not giving up…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“The number one skill in life is not giving up…” ~ Unknown
 
Isaiah 43:1-5
 
“But now thus says the Lord, he who created you, O Jacob, he who formed you, O Israel: “Fear not, for I have redeemed you; I have called you by name, you are mine. When you pass through the waters, I will be with you; and through the rivers, they shall not overwhelm you; when you walk through fire you shall not be burned, and the flame shall not consume you. For I am the Lord your God, the Holy One of Israel, your Savior. I give Egypt as your ransom, Cush and Seba in exchange for you. Because you are precious in my eyes, and honored, and I love you, I give men in return for you, peoples in exchange for your life. Fear not, for I am with you; I will bring your offspring from the east, and from the west I will gather you…”
 
“If there ever comes a day when we can’t be together, keep me in your heart, I’ll stay there forever…” ~ Winnie the Pooh
 
“Life is too short to start your day with the broken pieces of yesterday…  it will definitely destroy your wonderful today and ruin your great tomorrow…” ~ Unknown
 
Ons voel baie keer eensaam en alleen...  Ek hoor so baie dat mense sê: “Ek verlang na mense wat ek nie ken nie...  Of ‘ek is omring deur soveel mense en tog voel ek so alleen...’  Dit is gelukkig alles net ‘n gevoel...   Ons kan rus in die wete dat God vir Jesus vir ‘n oomblik verlaat het gedurende die kruisiging sodat Hy tot in alle ewigheid NOOIT vir ons hoef te verlaat nie...
 
Maak nie saak wat jy al gedoen het, of wat jy nog gaan doen nie...  Maak nie saak wat jy deurmaak nie – Hy is ALTYD by jou...  ‘n Beeld wat my altyd laat onthou dat God by my is, is wanneer ek my skaduwee sien...  God is soos jou skaduwee...  Al sien jy hom partykeer nie, wanneer dit gloomy en bewolk buite is nie – weet jy Hy is daar...  En net soos jy WEET dat die reën nie vir altyd sal aanhou nie – dat die son wel agter die wolke is – so kan jy WEET dat God altyd by jou is...  Soos ons skaduwee sien ons Hom die duidelikste wanneer die son skyn, en daar helder lig is wat ons lewe verlig...  Ons sien Jesus ook die duidelikste wanneer dit goed gaan, maar wanneer die moeilikheid toeslaan – onthou net – HY is DAAR...  Ons moet net bietjie meer tyd op ons knieë deurbring totdat Hy ons weer by Sy beloftes ontmoet... Hy sal deur die moeilikheid breek, soos wat die son deur die wolke breek... 
 
En wanneer ons getrou bly glo en vertrou in die bewolkte tye, en ons kruis optel en dra, sal Hy ons dra tot Hy ons gebede beantwoord – en daarna, tot in ewigheid...  Ons Jesus wat gesterf het, en uit die dood opgestaan het, ken nie limiete nie...  Moenie limiete op Hom stel – tot wat Hy in staat is om te doen nie...  want Hy KAN die onmoontlikste situasie moontlik maak...  Jy moet net glo – soos ‘n klein kind wat glo dat sy ouers ENIGE iets kan doen...  BELIEVE WITHOUT LIMITS!
 
Blessings,
 
anelxx

No comments: