Monday 13 October 2014

“Never give up on a dream just because of the time it will take to accomplish it… The time will pass anyway…” ~ Earl Nightingale

Haloes! J

“Never give up on a dream just because of the time it will take to accomplish it…  The time will pass anyway…” ~ Earl Nightingale

Philippians 4:8 

“Finally, brothers, whatever is true, whatever is honorable, whatever is just, whatever is pure, whatever is lovely, whatever is commendable, if there is any excellence, if there is anything worthy of praise, think about these things…”

Galatians 6:9 

“And let us not grow weary of doing good, for in due season we will reap, if we do not give up…”

“Happiness isn’t getting what you want, but appreciating what you have…” ~ Unknown

“As you stay in faith, know that God will choose you even when people overlook you…” ~ Victoria Osteen

Hoeveel goed op hierdie aarde, het reën nodig om te kan groei?  Ons het reën nodig vir sekere kossoorte om gekweek te kan word, vir plante om te groei en vir tuine om groen te kan wees...  Hoeveel dinge wat die moeite werd is in die lewe, gaan nie met pyn gepaard, om uiteindelik ‘n suksesvolle uitkoms te hê nie – enkele voorbeelde:  moeder wat geboorte gee aan ‘n kind; ‘n atleet wat moet oefen en baie pyn en “suffering” moet verduur om uiteindelik die gewenste resultate te bereik; om ‘n eksamen te slaag, moet jy die tyd insit om jou te “equip” om suksesvol te kan wees; verhoudings verg harde werk, en baie geduld, om positief en opbouend te wees...  Trane is die gevolg van baie emosies – dit kan weerspieël dat jy hartseer is, dat jy gelukkig is, dat jy kwaad is, dat jy mismoedig voel...

Ek weet nie of jy dalk vandag, pyn, hartseer en reën op die stadium van jou lewe ervaar nie...  Miskien voel dit vir jou of God vergeet het van jou, en of jy geen beloftes van Hom in jou lewe kan raaksien nie...  As die persoon wat ek hier beskryf, jy is, wil ek jou verseker – dit gebeur met ALMAL van ons...  Ek sien dit as een van daardie “under construction” tye, waar God besig is om jou nuut te maak, reg te maak vir nuwe uitdagings, en ook waar Hy besig is om die ou “afgedopte verf” en gechipte teëls van jou lewe uit te haal, en te vervang met nuwes...   Tydens hierdie tye waar God met jou besig is, kan jy rus vind in die feit, dat God nooit iets belowe, en dit dan nie gestand doen nie...  Hy is ALTYD getrou...  Dis in hierdie “under construction” tye, wat ons moet onthou om OP te kyk na God en aan Sy beloftes vas te hou...  God vra nie van jou om jou hande in te steek in die stukkende teëls of om die gechipte verf van die mure van jou lewe, af te krap nie...  Hy belowe om al die konstruksiewerk op Sy eie te doen – jy moet net opkyk, Sy hand vashou, en Hom vertrou...  Moenie probeer inmeng met God se konstruksie werk nie...  Hy het NET die beste vir jou ingedagte...  Hy het beter dinge vir jou in gedagte as wat jy ooit vir jouself sal kan droom...  Hou net Sy hand vas, bly op jou knieë en bid sodat Hy wel vir jou sal voorsien van krag vir elke dag, troos vir trane en lig vir die pad...

As jy jou lewe in Sy hand los, sal jy verstom staan hoe Hy dit kan verander...  Jy kan van ‘n bachelors woonstel verander word na ‘n vyfster hotel...  Daar is ‘n gesegde wat sê: “Wag by God se beloftes, tot Hy jou daar ontmoet... Hy kom altyd terug na Sy beloftes toe...” ~ Anoniem... God sal jou nie teleurstel nie...

Blessings,

Anelxx

No comments: